Se­ri­ti­wa­pen­kom­mis­sie kos R137 m.

Beeld - - Nuus - – Ja­net He­ard

Kaap­stad. – Die uit­ein­de­li­ke be­ste­ding aan die Se­ri­ti-kom­mis­sie van on­der­soek na die mul­ti­mil­jard­rand-wa­pen­tran­sak­sie – wat be­vind het daar is geen be­wy­se van kor­rup­sie of be­drog nie – het meer as R137 mil­joen be­loop.

Die pre­sie­se be­drag – R137 264 521 – is deur adv. Mi­ke Masutha, mi­nis­ter van jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te, in ’n skrif­te­li­ke ant­woord op ’n vraag van Da­vid May­nier, DA-LP, be­kend ge­maak.

Die be­drag is meer as vo­ri­ge ra­mings van so­wat R113 mil­joen.

Die kom­mis­sie is in 2011 in die le­we ge­roep met reg­ter Wil­lie Se­ri­ti as voor­sit­ter en het in Ju­nie 2015 vir die laas­te keer ver­ga­der.

Die groot­ste deel van die kos­te – R82 838 457 – was vir die be­ta­ling van tien ge­tui­e­nis­lei­ers.

Die hoogs be­taal­de ge­tui­e­nis­lei­er was Si­mon Le­ba­la, wat van 2012 tot 2016 met net meer as R13 mil­joen ver­goed is.

Op­po­si­sie­par­tye het die ver­slag ’n “voor­spel­ba­re toe­smeer­de­ry” ge­noem toe die be­vin­dings in A­pril be­kend ge­maak is.

Die kom­mis­sie kon geen be­wys kry van on­be­hoor­li­ke in­men­ging of om­ko­pe­ry nie.

Hy het daar­om ge­sê dat die wa­pen­kon­trak­te – wat op so­wat R29,9 mil­jard ge­raam word – nie ge­kan­sel­leer hoef te word nie.

May­nier het gis­ter ge­sê die Se­ri­ti-kom­mis­sie is ’n “toe­smeer­de­ry” wat R137 mil­joen ge­kos het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.