KZN­pre­mier swig voor druk, be­dank

Beeld - - Nuus - Sa­be­lo N­se­le en C­hel­sea Pie­ter­se

Dur­ban. – Sen­zo M­chu­nu het on­der die druk ge­swig en gis­ter as pre­mier van K­waZu­lu-Na­tal be­dank.

Gis­ter­aand is Wil­lies M­chu­nu, ad­junk­voor­sit­ter van die ANC in die pro­vin­sie, as sy op­vol­ger be­noem, be­rig News24.

Die pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee van die ANC het Vry­dag ’n ul­ti­ma­tum aan Sen­zo M­chu­nu ge­stel om sy kan­toor te ont­ruim.

Die na­week het hy ’n lae pro­fiel ge­hand­haaf en nie by twee ge­leent- he­de op­ge­daag nie.

Ver­skeie par­tye in die wet­ge­wer sê dit was dui­de­lik die skrif was aan die muur vir Sen­zo.

Vol­gens be­rig­te die na­week het hy die ANC-lei­ers­korps uit­ge­daag en was hy ook in die moei­lik­heid om­dat hy sy per­so­neel van 300 tot 500 ver­groot het.

’n Lid van pres. Ja­cob Zu­ma se kan­toor sê eg­ter die doel was om meer le­de van die ANC se pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee in die K­waZu­lu-Na­tal­se ka­bi­net te kry, be­rig IOL. “Op die oom­blik is tal­le LUR’e nie ook le­de van die uit­voe­ren­de ko- mi­tee nie. Dit skep twee mag­sen­trums wat dit vir re­ge­ring moei­lik maak om te funk­si­o­neer, want die pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee se be­slui­te word nie toe­ge­pas nie,” het hy ge­sê.

Met Sen­zo uit die prent­jie word ge­glo dat Zu­ma se on­der­steu­ners gro­ter in­vloed kry voor die plaas­li­ke ver­kie­sing in Au­gus­tus, be­rig Ti­mes Li­ve.

Hy was op ’n tyd ’n stoe­re bond­ge­noot van Zu­ma, maar se­dert hy in No­vem­ber die pro­vin­si­a­le voor­sit­ter­skap aan Sihle Zik­ha­la­la af­ge­staan het, het Zik­ha­la­la se on­der- steu­ners vol­gens Ti­mes Li­ve o­pen­lik van hom pro­beer ont­slae raak.

Si­z­we M­chu­nu, DA-lei­er in die wet­ge­wer, sê daar is baie pro­ble­me in K­waZu­lu-Na­tal wat nie met ’n ver­an­de­ring in die lei­ers­korps reg­ge­stel kan word nie.

Die pre­mier se be­dan­king wys dui­de­lik daar is ver­de­ling in die ANC. “Dit sal ’n im­pak op K­waZu­luNa­tal hê en ons hou a­sem op vir wat vol­gen­de gaan ge­beur.”

Hy sê die DA is nie daar­van oor­tuig dat die pre­mier se be­dan­king daar­op ge­mik was om pro­ble­me op te los nie.

B­les­sed G­wa­la, IFP-lei­er in die wet­ge­wer, sê hy hoop die ge­volg­li­ke ka­bi­net­s­kom­me­ling sal in die bes­te be­lang van die pro­vin­sie ge­han­teer word.

Vi­ki­zi­tha Mlotshwa, NFP-lei­er in K­waZu­lu-Na­tal, meen die ge­beu­re sal po­li­tie­ke on­sta­bi­li­teit ver­oor­saak voor die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing. Hy het ver­wys na ge­weld­da­di­ge pro­tes in die ver­le­de deur ANC-le­de.

Vu­ka­ni Nd­lo­vu, EFF-voor­sit­ter in K­waZu­lu-Na­tal, sê wat kom­mer­wek­kend is, is dat Sen­zo be­kend daar­voor is dat hy teen kor­rup­sie ge­kant is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.