DA­hof­aan­soek oor adv. Ji­ba mis­luk

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Kaap­stad. – ’n Web van in­tri­ges oor be­weer­de “loop­baan­sa­bo­ta­sie, in­ter­ne mag­stry­de en po­li­tie­ke in­men­ging” in die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) is waar­skyn­lik on­der­lig­gend aan die hof­stryd tus­sen die DA en adv. Nom­g­co­bo Ji­ba.

So het reg­ter Na­pe Do­la­mo gis­ter ge­sê toe hy ’n aan­soek van die DA in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad van die hand ge­wys het. Die DA wou pres. Ja­cob Zu­ma se be­sluit om Ji­ba, ad­junk- na­si­o­na­le di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging, nie te skors nie, laat her­sien.

Do­la­mo het in sy uit­spraak ge­sê die DA-aan­soek het op die oog af ge­lyk na ’n een­vou­di­ge her­sie­nings­aan­soek oor of Zu­ma mis­luk het om sy grond­wet­li­ke mag­te uit te voer of on­wet­tig op­ge­tree het.

“Hier­on­der is lae in­tri­ges wat be­we­rings in­sluit van loop­baan­sa­bo­ta­sie, mag­stry­de en po­li­tie­ke in­men­ging in die NVG, ’n in­stel­ling wat ver­on­der­stel is om on­af­hank­lik te wees en wat die grond­wet­li­ke man­daat het om son­der vrees, be­guns­ti­ging of voor­oor­deel ter be­sker­ming en be­vor­de­ring van ons de­mo­kra­sie te ver­volg.”

Do­la­mo het ge­sê hy het in sy oor­we­ging van die aan­ge­leent­heid weg­ge­bly van ’n on­der­soek na die be­we­rings van ’n po­li­tie­ke mag­spel en -stry­de in die NVG.

Hy het eer­der ge­fo­kus op die kwes­sie of Zu­ma, soos die DA in die hof­aan­soek be­weer het, Ji­ba weens ver­steek­te po­li­tie­ke mo­tie­we nie ge­skors het nie of dat hy dit be­hoor­lik oor­weeg het en tot die ge­volg­trek­king ge­kom het dat dit die bes­te sou wees om eers te wag op die uit­slag van ’n han­gen­de hof­ge­ding waar­in die Al­ge­me- ne Ba­lie­raad vra dat Ji­ba van die re­gis­ter van ad­vo­ka­te ge­skrap word.

Die DA wou met die aan­soek ook hê dat Zu­ma ge­dwing word om ’n kom­mis­sie van on­der­soek na Ji­ba in te stel.

Sy is tans ook die NVG se hoof van na­si­o­na­le ver­vol­gings­diens­te.

Do­la­mo het ge­sê die DA het in sy aan­soek aan­ge­voer die e­nig­ste vraag wat Zu­ma hom­self moes af­ge­vra het in sy be­sluit om ’n on­der­soek na Ji­ba se ge­skikt­heid te doen, was of die be­we­rings teen haar erns­tig ge­noeg is om haar te skors en/of haar te laat on­der­soek.

Vol­gens die reg­ter stem hy nie saam met die DA se sim­plis­tie­se sie­ning nie.

“Die eer­ste pro­bleem met hier­die be­na­de­ring is dat geen werk­li­ke grond­slag vir hier­die dras­tie­se maat­re­ël ge­lê is nie.”

Do­la­mo het ge­sê geen grond­slag is ook ge­lê vir e­ni­ge werk­li­ke vrees van ska­de as Ji­ba sou aan­bly tot­dat uit­spraak in die Ba­lie­raad-hof­saak ge­le­wer is en dat daar ook geen be­we­ring is dat sy tot dan on­eer­lik of be­voor­oor­deeld in die uit­voe­ring van haar plig­te sal op­tree nie.

Adv. G­lyn­nis B­rey­ten­bach, DA­woord­voer­der oor jus­ti­sie, het vroe­ër ge­sê Ji­ba het nou die fi­na­le be­sluit om om­stre­de ver­vol­gings, soos by­voor­beeld in die spi­oe­na­sie­ban­de-sa­ge, in te stel of nie.

B­rey­ten­bach het gis­ter ge­sê die DA gaan teen die uit­spraak ap­pel­leer.

Zo­la Ma­ja­vu, Ji­ba se regs­ver­teen­woor­di­ger, het by die hof ge­sê sy kli­ënt is te­vre­de met die uit­spraak.

Hy re­spek­teer die DA se reg om te ap­pel­leer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.