Wen­ner los stu­die

S­tir­ton ver­tel van sy plan­ne

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen Ro­zan­ne Els

Nou wéét Ri­chard S­tir­ton hy kan mu­siek sy loop­baan maak.

S­tir­ton het eer­gis­ter­aand Suid-A­fri­ka se eer­ste sei­soen van The Voi­ce SA ge­wen en is oor­val met druk­kies en ge­luk­wen­sings toe sy naam uit­ge­lees is. Maar eers het hy tot op sy hur­ke ge­sak en sy kop in on­ge­loof vas­ge­hou.

“Dit is on­ge­loof­lik,” het hy ge­sê. “Ek kan nie wag om oor­spronk­li­ke mu­siek te be­gin op­neem nie.”

S­tir­ton het eer­gis­ter­aand ná die pro­gram ge­sê hy be­plan om sy stu­die vir eers te staak so­dat hy aan sy mu­siek­loop­baan kan be­gin werk. Hy wil graag self lied­jies skryf en op­neem.

Hy het sa­ke­be­stuur aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad stu­deer.

“Maar ek sal my stu­die be­slis nog wil klaar­maak. Ek hou van leer en ek wil dit waar­mee ek be­gin het, klaar­maak.”

Hy sê hy het nooit ge­dink hy gaan reg­tig wen nie, selfs al was hy ver­le­de week die top­ver­ko­per op Suid-A­fri­ka se iTu­nes-rang­lys.

S­tir­ton het vol­gens sy af­rig­ter, Kahn Mor­bee, van die be­gin af die “X-fak­tor” ge­had.

Ke­vin G­ren­fell, hoof van kuns­te­naars en re­per­toi­re by U­ni­ver­sal Mu­sic in Suid-A­fri­ka, het in die pro­gram­uit­sen­ding aan­ge­kon­dig dat dié pla­te­maat­skap­py ook vir Zoë Mo­di­ga en T­hem­be­ka Mn­gu­ni ’n kon­trak gaan aan­bied.

“T­hem­be­ka het die bes­te stem wat ek nóg ge­hoor het en Zoë is die kuns­te­naar wat die bes­te op die ver­hoog was. Ons het let­ter­lik in die pro­gram be­sluit om vir hul­le kon­trak­te aan te bied,” het hy ge­sê.

Vol­gens G­ren­fell be­oog hul­le ook om vir van die an­der deel­ne­mers kon­trak­te aan te bied.

G­ren­fell het ge­sê hul­le sal S­tir­ton se eer­ste en­kel­snit so gou moont­lik uit­reik, waar­na hul­le aan sy al­bum sal be­gin werk.

S­tir­ton se oor­win­ning is oor­ska­du deur ky­kers se groot on­te­vre­den­heid om­dat hul stem­me weens teg­nie­se pro­ble­me met die aan­lyn­stem­pro­ses nie in be­re­ke­ning gebring is nie.

Bob­by van Jaars­veld se ma en be­stuur­der, Ro­nel B­rink, was pront­uit in haar mis­noeë en het on­der meer ge­twiet dat dit ’n jam­mer­te is dat ’n mens nie vre­de oor die uit­slag het nie.

Sy het ge­wys op nog ’n teg­nie­se haak­plek ’n paar we­ke ge­le­de toe dui­sen­de SMS-stem­me ver­lo­re ge­gaan het en die kom­pe­ti­sie aan­ge­pas moes word.

Maar dit was nie ál wat men­se die jo­sie in ge­maak het nie.

Toe die top­vier aan­ge­kon­dig is, is be­skul­di­gings van voor­oor­deel en ras­sis­me in die ku­ber­ruim af­ge­vuur.

“Al­mal wit, al­mal mans. Soos ’n a­part­heids­par­le­ment,” lui een van die twiets.

Fo­to: CORNÉL VAN HEERDEN

Ri­chard S­tir­ton, wen­ner van The Voi­ce SA, eer­gis­ter­aand op die ver­hoog.

Fo­to: CATHY PINNOCK

Zoë Mo­di­ga

Fo­to: LUCKY NXUMALO

T­hem­be­ka Mn­gu­ni

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.