Cé­li­ne word i­koon en die tra­ne vloei

Beeld - - Nuus - Ro­zan­ne Els

’n B­rit­ney S­pears-ek­stra­va­gan­za, Cé­li­ne Di­on te­rug op die ver­hoog in ’n e­mo­sie­be­laai­de ver­to­ning en ’n eer­be­to­ning aan P­rin­ce is van die op­tre­des wat die oor­han­di­ging van van­jaar se Bil­l­bo­ard Mu­sic A­wards eer­gis­ter­aand ’n groot­se af­fê­re ge­maak het.

Die Ka­na­de­se san­ger The Week­nd het die mees­te beeld­jies ge­kry. Hy het agt eer­be­wy­se ge­kry, waar­on­der vir die bes­te R&B-al­bum, Beau­ty Be­hind the Mad­ness.

A­de­le het ook nie te sleg ge­vaar nie met vier Bil­l­bo­ard-beeld­jies – vir bes­te kuns­te­naar, bes­te vrou­e­kuns­te­naar, bes­te Bil­l­bo­ard 200kuns­te­naar en bes­te Bil­l­bo­ard 200-al­bum vir 25.

Hoe­wel die ge­leent­heid so­wat 3½ uur ge­duur het, is net ’n hand­jie­vol eer­be­wy­se eer­gis­ter­aand voor die ka­me­ras uit­ge­deel.

S­pears en Di­on het hul pry­se voor die tyd ge­kry – S­pears die Mil­len­ni­um-eer­be­wys en Di­on die I­con-eer­be­wys.

Tal­le pry­se is ag­ter die skerms oor­han­dig.

S­pears het ’n keur­spel van haar groot­ste tref­fers uit­ge­voer, waar­on­der “Tox­ic”, “Wo­ma­ni­zer” en “Sla­ve 4 U”.

Kesha het ’n roe­ren­de weer­ga­we van Bob Dy­lan se “It Ain’t Me, Ba­be” ge­sing en is staan­de toe­ge­juig.

Di­on is as ’n Bil­l­bo­ard I­con in­ge­lyf en ná haar ver­to­ning van Qu­een se “The S­how Must Go On” het haar én die ge­hoor se tra­ne ge­loop. Dit was die eer­ste keer dat sy weer op ’n ver­hoog ge­sing het se­dert haar man, René Angé­lil, vroe­ër van­jaar dood is.

Fo­to: GETTY IMAGES

Cé­li­ne Di­on het ’n e­mo­sie­be­laai­de ver­to­ning by die oor­han­di­ging van die Bil­l­bo­ard Mu­sic A­wards ge­le­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.