Kerk oor­weeg die doop via Sky­pe vir lid­ma­te

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Kerk­lid­ma­te kan dalk eers­daags amp­te­lik aan­lyn ge­doop word, maar hoe die lid­ma­te met wa­ter be­sprin­kel gaan word, is nog on­dui­de­lik.

Die Kerk van S­kot­land oor­weeg dit om lid­ma­te voort­aan op Sky­pe te doop.

Die fi­na­le be­sluit om doop­se­re­mo­nies só te han­teer, gaan van­dees­week op die Kerk van S­kot­land se jaar­lik­se by­een­koms be­spreek word, be­rig Dai­ly Mail.

Die re­des wat aan­ge­voer word om lid­ma­te via Sky­pe te doop, sluit in dat dit meer men­se na die kerk sal lok.

Vol­gens Dai­ly Mail be­skryf Nor­man S­mith, ad­junk­sa­me­roe­per van die Mis­si­on and Dis­ci­ples­hip Coun­cil, dit as pro­gres­sie­we den­ke.

“Die mees­te men­se leef nie hul ge­loof in kerk­ge­boue uit nie. Ons wil in daar­die men­se se be­hoef­tes ook voor­sien. Dit wys die kerk bly nie ag­ter nie,” sê S­mith.

Vol­gens ds. Ne­lis Jan­se van Rens­burg, mo­de­ra­tor van die NG Kerk, is dit “som­mer non­sens”.

“Om men­se via Sky­pe te doop, is be­slis nie ’n ma­nier om men­se in die kerk te hou of nog men­se na die kerk te lok nie.”

Vol­gens Jan­se van Rens­burg is die doop iets wat in die ge­loofs­ge­meen­skap ge­doen moet word. “Dit is ’n baie be­son­der­se se­re­mo­nie wat in die hart van die ge­meen­skap ge­doen moet word. Dit is ’n ver­bin­te­nis met die He­re waar be­lof­tes af­ge­lê word. Dis nie net ’n luk­ra­ke ding wat gou ê­rens ge­doen word nie.”

Past. Su­leen Ver­maas van die Chris­ti­an Re­vi­val C­hurch (CRC) sê teg­no­lo­gie is ’n won­der­li­ke as­pek van die sa­me­le­wing.

“Die CRC ge­bruik nog al­tyd teg­no­lo­gie om die Woord te ver­kon­dig, maar ek ver­kies dat ’n doop in per­soon plaas­vind.”

Ver­maas sê sy kan aan ui­ter­ste ge­val­le dink waar­in doop via Sky­pe sal kan werk.

“Wan­neer daar lid­ma­te is wat in ’n werk­lik af­ge­leë plek in by­voor­beeld A­fri­ka woon, sal ’n doop op Sky­pe moont­lik kan werk.”

Jan­se van Rens­burg sê Suid-A­fri­kaan­se ker­ke reik uit na die mees­te af­ge­leë plek­ke.

“Dis be­lang­rik om by jou naas­te plaas­li­ke kerk be­trok­ke te raak en eer­der in die kerk ge­doop te word,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.