An­ge­li­na word do­sent

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Lon­den. – Die ak­tri­se An­ge­li­na Jo­lie gaan by die Lon­don S­chool of E­co­no­mi­cs (LSE) aan­sluit as be­soe­ken­de hoog­le­raar vir ’n nu­we mees­ters­kur­sus oor vroue, vre­de en vei­lig­heid.

Die LSE sê die kur­sus word van vol­gen­de jaar af aan­ge­bied.

Dit is die eer­ste in sy soort ter wê­reld en sal deur die LSE se sen­trum vir vroue, vre­de en vei­lig­heid be­stuur word.

Dié sen­trum is ver­le­de jaar deur Jo­lie en Wil­li­am Ha­gue, B­rit­tan­je se voor­ma­li­ge mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, ge­stig.

“Dit is nood­saak­lik dat ons die be­spre­king uit­brei oor hoe om vrou­e­reg­te te be­vor­der, as­ook om die straf­fe­loos­heid te be­ëin­dig van mis­da­de wat vroue meest­al tref, soos sek­su­e­le ge­weld in kon­flik,” sê Jo­lie, ’n spe­si­a­le ge­sant van die Ver­e­nig­de Na­sies se a­gent­skap vir vlug­te­lin­ge. “Ek sien uit daar­na om te leer en om die stu­den­te te leer, as­ook om van my er­va­rings van sa­me­wer­king met re­ge­rings en die Ver­e­nig­de Na­sies te ver­tel,” sê Jo­lie.

Ha­gue sal ook ’n be­soe­ken­de hoog­le­raar aan die LSE wees.

Hy en Jo­lie het ’n on­waar­skyn­li­ke span ge­word wat ’n veld­tog voer teen sek­su­e­le ge­weld teen vroue in kon­flik­ge­bie­de. Hul­le het be­gin saam­werk na­dat Jo­lie die fliek In the Land of B­lood and Ho­ney in 2011 ge­re­gis­seer het. Dié fliek speel af in die Bos­nie­se oor­log van 1992-’95 waar­in tot 20 000 vroue ver­krag is.

Fo­to: REU­TERS

An­ge­li­na Jo­lie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.