Mo­to­ris sterf, pad­val­ke be­seer in N4­bot­sing

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

’n Mo­to­ris is gis­ter­og­gend dood en twee le­de van die Gau­teng­se ver­keers­de­par­te­ment veg om hul le­we in ’n hos­pi­taal ná ’n on­ge­luk op die N4-snel­weg na­by die Don­ker­hoek-af­rit bui­te P­re­to­ria.

’n Der­de ver­keers­lid is lig be­seer.

Die drie ver­keers­le­de het in twee ver­keers­bak­kies in die rig­ting van P­re­to­ria ge­ry.

Die on­ge­luk het net ná 08:00 ge­beur.

Vol­gens oog­ge­tui­es het Boi­ti­re­lo Mam­pe (41), die be­stuur­der van ’n blou Au­di wat op pad was na eMa­lahle­ni (Wit­bank), ’n Cor­sa-bak­kie voor hom met ’n sleep­wa ge­tref en be­heer oor sy mo­tor ver­loor.

Sy mo­tor het oor die mid­del­man deur die bos­se ge­bars en die twee bak­kies waar­in die ver­keers­le­de was aan die oor­kant ge­tref.

Rus­sel Mei­ring, woordvoerder van ER24-nood­diens­te, het ge­sê Mam­pe was reeds dood toe pa­ra­me­di­ci op die to­neel aan­kom.

Cor­ne­li­us S­chwartz en De Wet Nel, sy swa­er, het in die Cor­sa­bak­kie na M­bom­be­la (Nel­spruit) ge­ry.

“Ons het hom nie eens ge­sien nie. Ons het nie vin­nig ge­ry nie, want ons sleep­wa was swaar.

“Die vol­gen­de oom­blik het ons ’n groot slag ag­ter ons ge­hoor en ons bak­kie het byna van die pad af ge­gaan,” het S­chwartz ge­sê.

Nel het be­stuur en hy kon die mo­tor tot stil­stand bring voor­dat hul­le uit­ge­spring het om te gaan kyk wat aan­gaan.

“’n (Ver­keers)be­amp­te het (aan die an­der kant van die pad) op die grond ge­lê. Hy het ge­sê hy is ou­kei en ons moet lie­wer na sy kol­le­gas gaan. Die vol­gen­de wat ons sien was daar o­ral ver­keers­voer­tuie en po­li­sie.”

So­lan­ge So­a­res-Ni­chol­son, woordvoerder van Trac, wat die N4-tol­kon­ses­sie be­dryf, het be­ves­tig die pad was ná 10:40 ’n ruk lank weens die on­ge­luk ge­sluit.

Die oor­le­de­ne se vrou, Ke­a­mo­get­se, het ge­sê sy kan dit steeds nie glo nie.

“Hy was baie lief­de­vol. As ’n man, broer en pa. Dit voel net on­werk­lik,” het sy ge­sê.

Mam­pe het die na­week tuis in Ga­ny­e­sa in Noord­wes deur­ge­bring en was op pad na eMa­lahle­ni, waar hy ge­werk het.

Hul­le het twee kin­ders van tien en vyf jaar oud.

“Ek het hom van­og­gend ge­sien toe ek werk toe gaan. Hy het ge­sê hy sal die kin­ders reg­maak vir skool (in Ga­ny­e­sa) en hul­le af­laai voor­dat hy werk toe ry. Dit was toe die ein­de.”

Kapt. Ma­ris­sa van der Mer­we, po­li­sie­woord­voer­der, het be­ves­tig ’n on­der­soek duur voort.

Fo­to: THAPELO MAPHAKELA

’n Mo­to­ris is gis­ter­og­gend dood na­dat hy ’n bak­kie met ’n sleep­wa ge­tref, be­heer oor sy Au­di ver­loor en twee Gau­teng­se ver­keers­voer­tuie aan die teen­oor­ge­stel­de kant van die pad ge­tref het. Twee ver­keers­le­de is ook erns­tig be­seer en een lig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.