Werk­lo­se wat gra­tis kos kry, val eet­plek se baas aan

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

’n Re­stau­rant­ei­e­naar van Pot­chef­stroom is Son­dag­aand aan­ge­val deur ’n werk­lo­se man aan wie hy vroe­ër dié dag ’n gra­tis bord kos ge­gee het.

Die man het en­ke­le ure la­ter by Fa­nie S­mit se re­stau­rant in Van der Hoff Park in­ge­bars en hom be­storm.

Hy het hom vas­ge­loop teen S­mit en die ein­ste kos­bak­ke waar­uit hy vroe­ër ge­ëet het.

S­mit sê hy het Son­dag om­streeks 19:00 sy re­stau­rant, Gar­nish, en die aan­gren­sen­de weg­neem­af­de­ling, W­hat’s Cook’n, ge­sluit.

Hy was al­leen ag­ter W­hat’s Cook’n se toon­bank toe hy die slag hoor van dub­bel­deur wat oop­ge­skop word. “Ek kon nie glo wat ge­beur nie. Ek was to­taal en al ver­baas. Ek het die kas­re­gis­ter toe­ge­klap en om die kos­bak­ke na die voor­kant van die re­stau­rant ge­stap. Die man het op my af­ge­storm en my teen die bors ge­stamp.” S­mit het ag­ter­oor ge­val. Die kos­bak­ke het om­ge­val en die glas­af­skor­ting voor die bak- ke het ge­breek.

“Die ro­wer het so groot ge­skrik dat hy weg­ge­hard­loop en in ’n bak­kie ge­vlug het.”

S­mit het die nood­knop­pie ge­druk.

“Daar was o­ral bloed, want ek het my hand teen die ge­breek­te glas oop­ge­sny. Die vei­lig­heids­wag van Mooi­ri­vier Be­sker­ming was gou daar en het ’n druk­ver- band om die diep sny ge­sit.”

Die wond is la­ter met ste­ke ge­heg.

Vol­gens S­mit het die ro­wer en ’n vriend Son­dag om­streeks 15:00 vir kos kom vra.

Hy het hul­le elk­een ’n bord kos ge­gee. Die vriend is la­ter weg en die ro­wer het in hul bak­kie bly sit.

“Ek het my nie ver­der aan hom ge­steur nie,” het S­mit ge­sê.

Van sy per­so­neel­le­de het ná die (mis­luk­te) roof­tog aan hom ver­tel die ro­wer het hul­le kom vra of hul­le dag­ga het. “Die mens wat daar in­ge­storm het, was ’n an­der een as die een wat ek vroe­ër die mid­dag ge­sien het. Geen nor­ma­le mens kan ’n deur so oop­stamp nie – ek dink hy was ge­rook.”

S­mit het gis­ter reeds weer ge­werk.

Nie­mand is teen druk­tyd in heg­te­nis ge­neem nie.

Fo­to: SU­SAN CIL­LIERS

Fa­nie S­mit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.