Vrou ver­tel hoe VSA­be­soe­ker in ka­ping aan Rand ge­skiet is

Beeld - - Nuus - Re­tha Fou­rie en Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

Die ka­pings­dra­ma en ge­wa­pen­de roof­tog waar­in ’n A­me­ri­kaan­se stads­raads­lid Sa­ter­dag in E­den­va­le ge­skiet is, het voor haar oë af­ge­speel.

Vol­gens A­me­ri­kaan­se TV-sta­sies het CJ S­mall, ’n stads­raads­lid van Mo­bi­le in Ala­ba­ma, die Oos-Rand­se dorp saam met sy sus­ter gaan ver­ken toe ro­wers hul toer­bus aan­ge­val het. Die ro­wers het die pas­sa­siers be­roof en S­mall is in die voor­val ge­skiet.

Hy is in ’n sta­bie­le toe­stand en sterk aan in ’n Jo­han­nes­burg­se hos­pi­taal.

Die ka­ping het voor Lu­cia Coel­ho (24) van E­den­va­le se oë af­ge­speel. Sy het Beeld gis­ter ge­kon­tak en wou vas­stel of die ka­ping­slag­of­fer nog leef.

Coel­ho, ’n so­no­graaf, ver­tel sy en haar vriend, Mic­ky Bo­ve, het Sa­ter­dag om­streeks 13:40 in Bra­ba­zon­laan by die krui­sing met Bar­ba­ra­weg in I­san­do­va­le, ’n buurt van E­den­va­le, by ’n rooi ver­keers­lig ge­sit en wag dat dit na groen oor­slaan.

“Voor ons was ’n sil­wer­kleu­ri- ge Hyun­dai H1-mi­ni­bus. Skie­lik het ’n blou­e­ri­ge BMW van die kant af in die krui­sing in­ge­ry.

“Dit was vreemd, maar ek het ge­dink die be­stuur­der wil dalk ’n U-draai maak. Skie­lik het al vier die deu­re oop­ge­gaan en vier mans het uit­ge­spring en on­mid­del­lik na die mi­ni­bus be­weeg ter­wyl een met ’n pis­tool op die voer­tuig ge­skiet het. Hul­le het die twee voor­ste deu­re oop­ge­ruk en die men­se uit­ge­pluk. Die skie­ter het die pis­tool teen die be­stuur­der se kop ge­druk en hul­le toe weer in die voer­tuig te­rug­ge­druk. Ons het be­sef ons moet daar weg­kom en het oor die rand­steen ge­ry en weg­ge­jaag,” ver­tel sy.

Sy het da­de­lik die voor­val by die po­li­sie se nood­nom­mer aan­ge­meld.

“Ie­mand van die po­li­sie het my la­ter ge­bel en ge­sê dat hul­le nie die mis­daad­to­neel kon op­spoor nie en dat al­bei voer­tuie waar­skyn­lik weg­ge­ry het. Ek het hul­le ver­tel wat ek ge­sien het, maar wag nou nog dat hul­le my ver­kla­ring kom af­neem,” het sy ge­sê.

S­mall het familie en vrien­de gis­ter op sy Fa­ce­book-blad be­dank vir hul bood­skap­pe van on­der­steu­ning en ge­sê dit gaan goed met hom.

“Ek het ’n goeie tyd hier in A­fri­ka. Ek het ’n klein voor­val ge­had, maar dit gaan goed met my. Ek sal van­dees­week te­rug wees in die VSA. Dan­kie vir al­mal se be­sorgd­heid,” het hy ge­skryf.

S­mall, wat ’n lyk­huis be­sit, is in Suid-A­fri­ka om ’n be­graf­nis­kon­fe­ren­sie by te woon.

Cyn­thia Har­vey, ’n woordvoerder van die A­me­ri­kaan­se am­bas­sa­de in P­re­to­ria, het be­ves­tig hul­le is be­wus van die voor­val.

“Die kon­su­laat-ge­ne­raal in Jo­han­nes­burg ver­skaf al die toe­pas­li­ke hulp aan die slag­of­fer en hou ver­wik­ke­lin­ge in die on­der­soek deur plaas­li­ke o­wer­he­de dop. Die be­sker­ming van A­me­ri­ka­ners in die bui­te­land is een van die de­par­te­ment van bui­te­land­se sa­ke se hoog­ste pri­o­ri­tei­te. Ter wil­le van pri­vaat­heid kan ons nie ver­de­re in­lig­ting (oor die slag­of­fer se toe­stand) ver­skaf nie,” het sy ge­sê.

Ao. Je­an Olc­kers, po­li­sie­woord­voer­der van die E­den­va­le­po­li­sie­kan­toor, het die voor­val be­ves­tig en ge­sê die slag­of­fers is la­ter in C­le­ve­land, Jo­han­nes­burg, ge­vind, hoe­wel die mi­ni­bus nog nie op­ge­spoor is nie.

CJ S­mall

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.