Ma ‘mag­te­loos, self slag­of­fer’

Sy vrees haar man, kin­ders gaan nie skool

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Sy was self die slag­of­fer van aan­ran­ding, sek­su­e­le mis­bruik en oor­heer­sing deur haar man en hy het haar mid­dels laat ge­bruik so­dat hul­le be­ter seks kon hê.

So sê die ma van die so­ge­naam­de gru­wel­huis in S­prings in haar pleit­ver­dui­de­li­king wat gis­ter by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien is.

Sy sê die plof­stof­ver­vaar­di­ging waar­van die staat haar en haar man aan­kla, is deur haar man en ’n an­der man ge­pleeg.

Haar man het ge­sê hul­le maak dit “vir die nag van die lang mes­se”.

Sy ont­ken dat sy hul vyf kin­ders aan­ge­rand het.

“Ek was nie in staat om te ver­hoed dat hy (die pa) die kin­ders mis­han­del nie, aan­ge­sien ek self ’n slag­of­fer was.

“Ek kon niks doen nie en was baie be­vrees vir hom weens sy her­haal­de­li­ke aan­ran­dings, ver­ne­de­rings, af­ta­ke­lings . . . ”

Sy ont­ken dat sy hul oud­ste kind ge­dwing het om dwelms te mis­bruik. “Die kin­ders se fi­sie­ke, e­mo­si­o­ne­le, so­si­a­le en in­tel­lek­tu­e­le be­hoef­tes was to­taal in die han­de van (die pa).

“Hy het be­sluit wat die kin­ders mag doen of nie doen nie en hy was die baas . . .

“Die kin­ders het net me­die­se sorg ont­vang as (hy) toe­stem­ming sou gee en ek het geen be­heer daar­oor ge­had nie.

“Ek het ge­doen wat aan my voor­ge­skryf is en hy het nie die kos wat ek ge­maak het, aan­vaar nie en uit angs vir hom het ek aan sy wen­se vol­doen.”

Weens die pa se “oor­heer­sing” was sy “nie in staat om die kin­ders te laat skool­gaan nie”, maar sy ont­ken dat sy hul­le self ver­hin­der het om skool toe te gaan.

Sy ont­ken dat sy in die dwelms Cat en tik han­del ge­dryf het en “is nie in staat” om te sê wat die mid­dels is nie.

Haar man het “per ge­leent­heid” daar­op aan­ge­dring dat sy dit ge­bruik. “Dit sou my laat ont­span om be­ter seks te hê.”

Fo­to: THEANA BREUGEM

Die ma gis­ter in die hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.