Pa be­tas toe hy dog dis nie sy dog­ter

Beeld - - Nuus -

Hy het een keer aan die oud­ste dog­ter se ge­slags­deel ge­vat, maar toe het hy ge­dink dat sy nie sy kind is nie.

Sy vrou het des­tyds aan hom ge­sê die mei­sie is “die kind van my broer”.

So voer die pa van die gru­wel­huis in S­prings in sy pleit­ver­dui­de­li­king aan.

Hy is op 23 Mei 2014 in heg­te­nis ge­neem.

Hy ont­ken hy het die oud­ste kind ver­krag en sek­su­eel aan­ge­rand.

Hy sê hy is wel be­reid om te er­ken hy het so­wat twee maan­de voor sy in­heg­te­nis­ne­ming met sy hand aan haar ge­vat, maar het “in daar­die sta­di­um ge­dink” sy is nie sy kind nie.

Dié mei­sie was toe glo 16 jaar oud. Sy is nou 18.

Die pa ont­ken hy het die t­wee­de oud­ste kind (’n seun) pro­beer dood­maak.

Hy sê hy het die seun op 19 Mei 2014 ge­slaan, maar “kan nie de­tail gee” van hoe hy dit ge­doen het nie.

“Daar­die aand was ek on­der die in­vloed van dwelms.

“(Die seun) het weg­ge­loop en ons kon hom nie vind nie. Ek het erg ge­skrik en o­ral na hom ge­soek.”

Twee dae la­ter het hy en sy vrou die seun as ver­mis aan­ge­meld.

“Ek het die po­li­sie ’n leu­en ver­tel, aan­ge­sien ek (die seun) ge­slaan het en hy as ge­volg daar­van twee blou oë ge­had het.

“Ek het die po­li­sie ver­tel (die seun) het weg­ge­loop van die huis, ter­wyl ek (hom) weg­ge­steek het vir die po­li­sie.

“Ek was bang dat die po­li­sie my sou straf as hul­le sien hoe (die seun) lyk.

“Ek het ge­weet dat dit ver­keerd is om die ver­loop van die ge­reg te dwars­boom . . . ”

Die pa sê hy het op 20 Mei 2014 aan die po­li­sie voor­ge­gee dat hy ie­mand an­ders was (en ’n an­der naam het).

“Ek was in be­sit van vuur­werk. Ek het nie ge­weet dat dit ’n mis­daad is om in be­sit te wees van vuur­werk waar­om spy­kers vas­ge­plak is nie.”

Hy sê die oud­ste kind was in drie sko­le.

Die laas­te een was ’n pri­va­te skool tot­dat dit “toe­ge­maak” het.

Hy het haar uit die t­wee­de skool ge­haal om­dat daar ’n mes­ste­ke­ry was. Hy het ge­voel sy is nie meer vei­lig daar nie.

“Ons het ’n ruk­kie tuis­on­der­rig ge­gee.

“Ek het nie ge­weet dat dit ’n mis­daad is om nie jou kind in die skool te sit op die ou­der­dom van se­we en daar te hou tot die ou­der­dom van 15 jaar of tot in gr. 9 nie, wat­ter een ook al eer­ste kom.

“Ek self het net st. 5 (gr. 7) ge­slaag en my ma het my in st. 6 uit die skool ge­haal.”

Hy sê die t­wee­de oud­ste kind was “vir ’n ruk­kie in die pri­va­te skool tot­dat die skool toe­ge­maak het. Daar­na het hy vir ’n ruk­kie tuis­on­der­rig ont­vang”.

Ek het die po­li­sie ver­tel (die seun) het weg­ge­loop van die huis, ter­wyl ek (hom) weg­ge­steek het vir die po­li­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.