Me­tro­lid dood

Beeld - - Nuus - – Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

’n Jo­han­nes­burg­se me­tro­po­li­sie­lid is eer­gis­ter­og­gend dood na­dat ’n dronk be­stuur­der hom om­ge­ry het.

Die lid het by die Buccleu­chwis­se­laar op die N1­noord uit sy mo­tor ge­klim om met ’n an­der mo­to­ris te praat.

Supt. Ed­na Ma­mo­ny­a­ne, ’n me­tro­po­li­sie­woord­voer­der, sê die lid is in ’n kri­tie­ke toe­stand hos­pi­taal toe ge­neem waar hy dood is.

“’n Mer­ce­des­Benz het ver­moe­de­lik teen ’n hoë snel­heid ge­ry en die be­amp­te ge­tref. Die Mer­ce­des­Benz het toe ge­rol. Toe ons op die to­neel aan­kom, het ons die be­amp­te op die ge­verf­de ei­land ge­kry.

“Hy het erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen en is per he­li­kop­ter na ’n na­by­ge­leë hos­pi­taal ver­voer,” sê Chris Bo­tha, woordvoerder van Ne­t­ca­re 911.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.