Fop­dok­ter in ar­res ná a­bor­sie

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

’n Man wat hom glo as ’n dok­ter voor­ge­doen en on­wet­tig a­bor­sies uit­ge­voer het, is in B­rits ge­ar­res­teer.

Hy is vas­ge­trek na­dat ’n 27-ja­ri­ge vrou on­langs in die B­rits-dis­triks­hos­pi­taal op­ge­neem is na­dat sy ver­moe­de­lik ’n on­wet­ti­ge a­bor­sie on­der­gaan het, sê Te­bo­go Lek­gethwa­ne, woordvoerder van Noord­wes se ge­sond­heids­de­par­te­ment.

Die vrou het er­ken sy het pil­le ge­drink om die ge­boor­te aan te bring. Haar vroeg­ge­bo­re ba­ba is dood. Die vrou het ge­sê sy het die a­bor­sie­pil­le vir R1 500 by ’n se­ke­re “dok­ter” ge­koop en aan die hos­pi­taal­per­so­neel be­duie waar die spreek­ka­mer is.

“’n Kraam­be­ra­der en ad­mi­nis­tra­tie­we k­lerk het aan­ge­bied om hul­self as pa­si­ën­te voor te doen,” sê Lek­gethwa­ne.

“Die fop­dok­ter het ta­blet­te aan hul­le ver­koop, waar­na hul­le klag­te by die po­li­sie in­ge­dien het.”

Die “dok­ter” en nog vyf men­se is die­self­de dag nog in heg­te­nis ge­neem.

Die man word daar­van aan­ge­kla dat hy son­der ’n li­sen­sie on­der meer me­di­sy­ne wat ge­boor­te aan­bring, ver­sprei het, sê Lek­gethwa­ne.

Dr. Ma­go­me Ma­si­ke, Noord­wes se LUR vir ge­sond­heid, het die ge­sond­heids­per­so­neel wat die fop­dok­ter in ’n lok­val ge­lei het, ge­loof vir hul moed en ge­sê die “dok­ter” se ar­res­ta­sie is ’n deur­braak.

“Ons het veld­tog­te teen on­wet­ti­ge en on­vei­li­ge a­bor­sies ge­had en ’n be­roep op men­se ge­doen om sul­ke ge­val­le aan te meld.”

Vroue mag se­dert 1997 in­ge­vol­ge wet­ge­wing wel in se­ke­re om­stan­dig­he­de self be­sluit om ’n swan­ger­skap vei­lig te be­ëin­dig.

On­wet­ti­ge en on­vei­li­ge a­bor­sies kom eg­ter steeds voor en gaan ge­paard met tal­le moont­lik le­wens­ge­vaar­li­ke kom­pli­ka­sies, soos bloe­ding, in­fek­sie en selfs die dood.

Ma­si­ke sê daar is in Noord­wes 15 ge­sond­heids­in­stel­lings waar a­bor­sies wet­tig, vei­lig en hi­gi­ë­nies ge­doen kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.