Kru­gers­dorp

Vrou brand in taxi dood ná bot­sing in

Beeld - - Nuus - Nom­bu­le­lo Ma­ny­a­na

’n Vrou het gis­ter in ’n taxi dood­ge­brand ná ’n bot­sing in Kru­gers­dorp en 12 in­sit­ten­des van die taxi is be­seer.

Om­stan­ders kon die vrou wat in die bran­den­de taxi vas­ge­keer was, nie uit die voer­tuig red nie.

Vol­gens Pa­pi Mo­taung, woordvoerder van die Mo­ga­le Ci­ty-ver­keers­de­par­te­ment, was die bot­sing kort voor 08:00 in Paar­de­kraal­weg.

’n Oog­ge­tuie het aan po­li­sie ge­sê ’n Volks­wa­gen Po­lo het by ’n ver­keers­lig in die taxi vas­ge­ry.

“Die taxi het aan­ge­dui dat hy regs in die rig­ting van die ca­si­no wil draai. Die taxi het sta­di­ger ge­ry, maar die Po­lo ag­ter hom kon sy spoed nie be­tyds ver­min­der nie. Die Po­lo het die taxi toe ge­tref en vo­ren­toe ge­stoot.”

Mo­taung sê ’n brand het daar­na ont­staan en om­stan­ders het pas­sa­siers uit die taxi ge­help. Hul­le kon die vas­ge­keer­de vrou nie red nie.

Vol­gens Athlen­da Mat­he, Ne­t­ca­re 911woord­voer­der, is die vrou on­her­ken­baar ver­kool.

’n Be­seer­de wat in ’n kri­tie­ke toe­stand was, is per he­li­kop­ter na ’n hos­pi­taal ge­neem. Drie men­se het min­der erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen en die res ge­rin­ge be­se­rings. ’n Be­seer­de swan­ger vrou is deur ER24 na ’n hos­pi­taal ge­neem, sê Mat­he.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.