Saak teen Frans­man laat vaar

21­ja­ri­ge vrou sê dit stel haar erg te­leur

Beeld - - Nuus - Ja­son Fe­lix

Fo­to’s: HER­MAN VERWEY Die don­ker wolk wat oor die kop van Ma­ri­us Frans­man, lei­er van die Wes-Kaap­se ANC, ge­hang het, het ver­dwyn.

“Die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging in Noord­wes het be­sluit om die saak teen mnr. Ma­ri­us Frans­man nie ver­der te voer nie. Daar is te min be­wy­se,” sê Frank Le­se­ny­e­go, Noord­wes-woordvoerder van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG), in ’n ver­kla­ring.

Lou­isa Wyn­and, die 21-ja­ri­ge vrou van S­tel­len­bosch wat die .) klag teen Frans­man in­ge­dien het, het gis­ter ge­sê sy is erg te­leur­ge­steld.

“My le­we het baie ver­an­der ná die voor­val. Nie net het dit my ge­raak nie, maar ook my familie en vrien­de. Ek en my reg­span meen dat ons ge­noeg be­wy­se aan die po­li­sie ver­skaf het om die saak te on­der­soek. Ek gaan ver­de­re stap­pe doen.

“Jong vroue wat hul­le in die­self­de boot­jie be­vind, moet uit­praat – ek het. En glo my, dit kan met e­nig­ie­mand ge­beur.

“Ons reg­te moet be­skerm word. Ek is ge­se­ënd om goeie mans in my le­we te hê, maar daar is dié wat ons sa­me­le­wing af­breek.”

Vol­gens Wyn­and is sy sek­su­eel be­tas toe sy en Frans­man op 6 Ja­nu­a­rie in die Fla­min­go­ho­tel in Kim­ber­ley oor­nag het.

Hul­le was op pad na die ANC se 104de be­staans­vie­ring in Rus­ten­burg.

Zi­zi Kod­wa, ANC-woordvoerder, het by na­vraag ge­sê die par­ty se in­te­gri­teits­ko­mi­tee moet die on­der­soek teen Frans­man eers af­han­del voor­dat hy iets oor die aan­ge­leent­heid kan sê. “Dit sal baie ge­vaar­lik wees om nou meer daar­oor te sê.”

Yo­ne­la Di­ko, Wes-Kaap­se ANC-woordvoerder, het ge­sê die ANC in die pro­vin­sie het nog geen kom­mu­ni­ka­sie oor Frans­man ont­vang nie.

Frans­man het reeds aan­ge­dui dat hy reg is om in sy pos voort te gaan.

Hy wou gis­ter nie veel sê oor die NVG se be­sluit nie.

“Wat is daar nou wat ek nog kan sê?”

Lou­isa Wyn­and

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.