2 sterf in be­to­gings, bus­se brand

Beeld - - Nuus - Ni­co Gous

Twee men­se, van wie een dood­ge­brand is, het gis­ter in ge­weld­da­di­ge be­to­gings in Ham­mans­kraal, noord van P­re­to­ria, om­ge­kom.

Kapt. T­se­ki­so Mofo­keng, po­li­sie­woord­voer­der, sê die oor­le­de­nes se i­den­ti­teit is nog on­be­kend.

Die Tshwa­ne-me­tro het die uit­set­tings­diens be­kend as die Rooi­mie­re en die Ma­jo­ri-vei­lig­heids­maat­skap­py aan­ge­stel om plak­kers­hut­te af te breek wat on­wet­tig op­ge­rig is.

Koos van R­hyn, die Rooi­mie­re se ad­junk­di­rek­teur vir o­pe­ra­sies, sê die oor­le­de­nes was nie le­de van dié diens nie.

Die uit­set­tings­diens het gis­ter­og­gend so­wat 2 000 struk­tu­re in Suur­man na­by Ham­mans­kraal af­ge­breek.

“Toe ons in­be­weeg het, was bus­se reeds ge­brand,” het Van R­hyn ge­sê.

Ses van die North West S­tar­bus­diens se bus­se is uit­ge­brand en ’n se­wen­de een tot stil­stand ge­bring.

Mo­to­ris­te moes op die skou­er van die pad ver­by klip­pe en bus­se ry wat die pad ver­sper het. Die reuk van bran­den­de bui­te­ban­de en swart rook het in die lug ge­hang.

A­dolph Ko­ma­ne, be­stuur­der van die bus­o­pe­ra­teur Bot­l­ha­ba, sê dit kos so­wat R1,8 mil­joen om so ’n bus te ver­vang.

Op­por­tu­nis­te het bus­se wat pas uit­ge­brand het, ge­plun­der vir on­der meer ka­bels en skroot­me­taal.

’n ANC-wyks­raads­lid van Ham­mans­kraal het ge­sê hy meen hy moet hom ter wil­le van sy eie vei­lig­heid aan die po­li­tiek ont­trek.

“Om my le­we en my fa­mi­lie te red, moet ek ont­trek,” het A­bram Ma­ro­ba­ne, raads­lid van wyk 49, gis­ter bui­te sy win­kel, wat ook die og­gend be­ska­dig is, ge­sê.

’n Half­ge­bran­de bui­te­band en klip­pe is deur sy win­kel­ven­ster ge­gooi.

Po­li­tie­ke bin­ne­ge­veg­te in die ANC tus­sen wyks­raads­le­de het gis­ter na die stra­te van Ham­mans­kraal oor­ge­spoel.

Vol­gens Ma­ro­ba­ne woed die ba­klei­e­ry tus­sen ver­skil­len­de ANC-fak­sies in wyk 49.

’n Ken­nis­ge­wing is Don­der­dag­og­gend by Ma­ro­ba­ne se huis af­ge­le­wer waar­in hy ge­waar­sku word om hom aan die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing te ont­trek.

“Ma­ro­ba­ne. Neem ken­nis. Ons het jou ’n paar keer pro­beer waar­sku om nie vir die raads­lid­pos te staan nie,” lui die brief.

Paul Mo­ja­pe­lo, par­ty­se­kre­ta­ris in Tshwa­ne, het teen druk­tyd nie op na­vrae ge­re­a­geer nie

’n S­kool se wag­hui­sie is vroe­ër die maand af­ge­brand na­dat ’n po­li­tie­ke ver­ga­de­ring van die ANC in S­tink­wa­ter na­by Ham­mans­kraal skeef­ge­loop het. Die rui­te van drie klas­ka­mers van die Ma­ro­to­la P­ri­ma­ry S­chool in S­tink­wa­ter, noord van Sos­han­gu­ve, is uit­ge­slaan.

) Daar was vroe­ër van­jaar wry­wing tus­sen ANC-fak­sies in wyk 95. T­hem­bi M­mo­ko, bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir kor­po­ra­tie­we en ge­deel­de diens­te, en haar seun moes in Fe­bru­a­rie in ’n win­kel weg­kruip na­dat daar op haar huis ge­skiet en haar mo­tor be­ska­dig is.

’n Uit­ge­bran­de bus word ge­plun­der vir on­der meer ka­bels en skroot­me­taal.

A­bram Ma­ro­ba­ne, ANC­raads­lid van wyk 49 in Ham­mans­kraal, bui­te sy win­kel wat gis­ter be­ska­dig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.