SAUK se be­dryfs­hoof mag nie ap­pel­leer, be­slis hof

Beeld - - Nuus - A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber

Hlau­di Mot­soe­neng, be­dryfs­hoof van die SAUK, gaan waar­skyn­lik van­dees­week steeds vir werk aan­meld, hoe­wel sy aan­soek om ver­lof tot ap­pèl gis­ter van die hand ge­wys is.

Hy het ge­ap­pel­leer teen ’n vroe­ë­re be­slis­sing in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad dat sy aan­stel­ling as be­dryfs­hoof on­wet­tig en ir­ra­si­o­neel is.

Kai­zer K­ga­ny­a­go, SAUK­woord­voer­der, het by na­vraag ge­sê die SAUK gaan die ap­pèl­hof nou reg­streeks na­der met ’n ap­pèlaan­soek. “Ter­wyl die pro­ses ver­der ge­voer word, sal al­les soos ge­woon­lik voort­gaan.”

Reg­ter Den­nis Da­vis het Mot­soe­neng se ap­pèlaan­soek gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad van die hand ge­wys om­dat daar vol­gens hom “geen voor­uit­sig, laat staan nog re­de­li­ke voor­uit­sig, op suk­ses is nie”.

Dit be­te­ken die vroe­ë­re uit­spraak geld steeds dat Mot­soe­neng se aan­stel­ling as be­dryfs­hoof deur Faith Mut­ham­bi, mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie, on­wet­tig en ir­ra­si­o­neel is.

Mot­soe­neng het ná die be­slis- sing ge­sê hy re­spek­teer die uit­spraak.

Hy het op die trap­pe van die hoog­ge­regs­hof ge­staan en ’n ska­re on­der­steu­ners van die Ses’kho­na-be­we­ging toe­ge­spreek wat vroeg­og­gend al bui­te die hof ge­sing en ge­toi-toi het.

“Ek sal veg tot in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof as ek moet. Ek veg vir my reg­te.”

Hy het ge­sê die DA “mis­bruik” die ho­we.

“Hul­le slaap nie. Hul­le is ob­ses­sief oor Hlau­di. Maar Hlau­di is nie bang nie. Ek sal tot die dood toe vir my reg­te veg.”

An­di­le Li­li, ’n lei­er van die Ses’kho­na-be­we­ging, het bui­te die hof ge­sê: “Los Hlau­di uit! Laat hy sy werk doen. Hou po­li­tiek uit die SAUK uit.”

Ja­mes Sel­fe, voor­sit­ter van die DA se fe­de­ra­le raad, het ge­sê die be­slis­sing be­te­ken dat Mot­soe­neng nie in sy pos mag aan­bly nie. “Maar die SAUK gaan voort om be­las­ting­geld te ver­mors deur teen die be­slis­sing te ap­pel­leer.”

Adv. Zo­la Ma­ja­vu, Mot­soe­neng se regs­ver­teen­woor­di­ger, het ge­sê die SAUK moet as werk­ge­wer be­sluit hoe hy die uit­spraak gaan be­na­der.

“My kli­ënt het hom­self nie aan­ge­stel nie. Die werk­ge­wer moet dus be­sluit. My kli­ënt dien na die be­hae van sy werk­ge­wer.”

Ma­ja­vu het ge­sê Mot­soe­neng be­taal teg­nies self sy regs­kos­te, maar kan dit van die SAUK te­rug­eis.

Da­vis het in sy uit­spraak ge­maan oor be­las­ting­geld wat na wil­le­keur aan duur hof­sa­ke be­stee word.

“Dit wek kom­mer wan­neer tot in die hoog­ste ho­we ge­li­ti­geer word ter­wyl voor­heen be­na­deel­de men­se steeds moei­lik toe­gang tot die reg het.”

Die de­par­te­ment van kom­mu­ni­ka­sie en Mut­ham­bi het teen druk­tyd nog nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Fo­to: MARY­ANN PAL­MER

Hlau­di Mot­soe­neng

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.