‘Par­le­ment reg vir e­ni­ge dra­ma’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

“Se­ke­re te­kort­ko­min­ge en swak­pun­te” is in die par­le­men­tê­re vei­lig­heid­stel­sel ge­ï­den­ti­fi­seer en dit sal “ag­te­lo­sig” wees as die in­stel­ling nie vol­doen­de daar­op re­a­geer nie.

So het Lu­zu­ko Ja­cobs, par­le­men­tê­re woordvoerder, gis­ter ge­sê, maar nie uit­ge­wei hoe daar­op ge­re­a­geer sal word nie.

Dit kom ná ’n be­rig dat die par­le­ment na ver­wag­ting streng vei­lig­heids­maat­re­ëls mô­re sal hê wan­neer adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa ge­ske­du­leer is om vrae in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) te be­ant­woord.

Ja­cobs het in re­ak­sie ge­sê hy weet nie wat met “streng” be­doel word nie, maar het daar­op ge­wys dat die par­le­ment al­tyd daar­na streef om te ver­se­ker dat die om­ge­wing waar de­bat­te ge­hou word, vei­lig is.

“Ons het ver­le­de week ge­sien hoe voor­wer­pe in die raad­saal vlieg en moet ag slaan daar­op. Die voor­wer­pe het wa­ter­bot­tels wat ge­woon­lik in die raad­saal toe­ge­laat word, in­ge­sluit. Ons sal ’n her­sie­ning moet doen om te be­paal hoe die ver­eis­te vlak­ke van vei­lig­heid te al­le tye ver­se­ker kan word.”

Hy het be­klem­toon dat al­mal in die raad­saal, in­slui­tend le­de van die uit­voe­ren­de ge­sag, LP’s en men­se in die ga­le­ry, vei­lig moet wees.

“Ons moet weet wie in die par­le­ment is en wat hul­le by hul­le het,” het Ja­cobs ge­sê.

Op ’n vraag of wa­ter­bot­tels dus ver­bied gaan word, het Ja­cobs “nee” ge­ant­woord. “Wat ek sê, is dat ons sal moet na­dink oor al die kwes­sies,” het hy ge­sê.

EFF-LP’s is ver­le­de Dins­dag hard­han­dig deur die par­le­men­tê­re vei­lig­heids­per­so­neel uit die raad­saal ver­wy­der na­dat hul­le ge­wei­er het dat pres. Ja­cob Zu­ma vrae in die NV be­ant- woord. Vuis­te het ge­klap, wa­ter­bot­tels het ge­vlieg en ’n hand­sak is ge­bruik in die ge­stoei wat tus­sen die twee groe­pe los­ge­bars het.

Bui­te is ’n in­gangs­deur van die Ou Volks­raad­saal met ’n brand­blus­ser be­ska­dig.

Vrae het ná die voor­val ont­staan oor die par­le­ment se vei­lig­heid na­dat Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, se lyf­wag na be­we­ring ver­mom as ’n lid van die vei­lig­heids­per­so­neel óók Dins­dag in die raad­saal was om Ma­le­ma te be­skerm. ’n Groep van Zu­ma se lyf­wag­te het ook tot in die raad­saal be­weeg toe die cha­os los­ge­bars het.

John Steen­hui­sen, DA-hoof­sweep, het kort ná die voor­val sy ver­soek her­haal dat die par­le­men­tê­re vei­lig­heids­per­so­neel dui­de­lik ge­ï­den­ti­fi­seer moet word deur u­ni­forms.

Fo­to: REU­TERS

’n Man gooi ’n brand­blus­ser teen ’n deur by die par­le­ment kort na­dat EFF­le­de ver­le­de Dins­dag uit die par­le­ment ge­gooi is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.