Vrou in staats­tuig: ‘Mi­nis­ter moet sê’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Kaap­stad. – Die mi­nis­ter van ver­de­di­ging sal moont­lik die ma­nier waar­op sy ’n Burundese vrou na Suid-A­fri­ka gebring het aan LP’s moet ver­dui­de­lik.

Dít volg na­dat die DA aan­ge­dui het hul­le gaan die par­le­ment se ko­mi­tee oor e­tiek en le­de­be­lan­ge ver­soek om No­si­vi­we Ma­pi­sa-N­qa­ku­la se op­tre­de te on­der­soek.

“Ons ver­staan die mi­nis­ter het dalk uit deer­nis op­ge­tree, maar sy kan nie eie reg ge­bruik nie en ons her­haal ons ver­soek vir ’n vol­le­di­ge on­der­soek na die voor­val,” lui ’n ver­kla­ring van Ko­bus Ma­rais, DA-LP.

Dít volg na­dat Ma­pi­sa-N­qa­ku­la glo ’n jong Burundese vrou by­ge­staan en met ’n stra­ler van die staat na Suid-A­fri­ka gebring het. Die DA het haar daar­van be­skul­dig dat sy die staat se hulp­bron­ne mis­bruik en die wet ver­ont­ag­saam het.

Sun­day Ti­mes het die af­ge­lo­pe na­week be­rig Ma­pi­sa-N­qa­ku­la het ’n fa­mi­lie­vriend, Mi­chel­le We­ge (20), twee jaar ge­le­de met vals reis­do­ku­men­te die land “bin­ne­ge­smok­kel” uit die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go (DRK). Die mi­nis­ter se sus­ter, wat ty­dens die voor­val by die Burundese am­bas­sa­de ge­werk het, het glo die do­ku­men­te ver­skaf.

Die mi­nis­ter het e­ni­ge on­re­ël­ma­tig­he­de ont­ken en ge­sê We­ge het ty­dens va­kan­sies in Bu­run­di in 2013 en 2014 be­vriend ge­raak met haar kin­ders. Vol­gens Ma­pi­sa-N­qa­ku­la moes We­ge haar ou- er­huis ver­laat om be­weer­de mis­han­de­ling deur haar pa vry te spring. Sy het na die DRK uit­ge­wyk waar sy vir tien dae aan­ge­hou is weens die ver­moe­de dat sy ver­vals­te reis­do­ku­men­te het.

Ma­pi­sa-N­qa­ku­la, toe op ’n amps­reis in die DRK, het aan­ge­bied om haar saam met haar te neem om te keer dat sy ge­de­por­teer word. Sy het aan­ge­bied om haar wet­ti­ge reis­do­ku­men­te te help be­kom. Die mi­nis­ter be­weer We­ge het wet­tig ge­reis om­dat sy ’n af­skrif van haar pas­poort en ’n vi­sum op ’n ge­heu­e­stok­kie ge­had het.

Die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke se ver­kla­ring oor die kwes­sie is teen druk­tyd nog nie uit­ge­reik nie.

No­si­vi­we Ma­pi­saN­qa­ku­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.