Só ver­loop die sa­ge

Beeld - - Nuus -

Ma­ri­us Frans­man is daar­van be­skul­dig dat hy Lou­isa Wyn­and, ’n 21­ja­ri­ge vrou van S­tel­len­bosch, on­se­de­lik aan­ge­rand het.

Vol­gens Wyn­and is sy sek­su­eel be­tas toe sy en Frans­man op 6 Ja­nu­a­rie in die Fla­min­go­ho­tel in Kim­ber­ley oor­nag het. Hul­le was op pad na die ANC se 104de be­staans­vie­ring in Rus­ten­burg.

Die vie­ring was op 8 Ja­nu­a­rie, die dag waar­op die be­we­rings aan die lig ge­kom het.

Wyn­and is glo kort te­vo­re die pos van Frans­man se per­soon­li­ke as­sis­tent aan­ge­bied.

Daar was drie men­se in die voer­tuig waar­in Frans­man ge­ry het, het bron­ne in ANC­krin­ge ge­sê.

Te­rug in Kaap­stad het Frans­man on­mid­del­lik op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê daar is mag­te in die ANC wat daar­op uit is om hom te be­swad­der. Hy het le­de van die U­ni­ty in Di­ver­si­ty­fak­sie by die naam ge­noem.

In Fe­bru­a­rie het die ANC se top­ses (on­der an­de­re pres. Ja­cob Zu­ma, adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en Ba­le­ka M­be­te, na­si­o­na­le voor­sit­ter) die Wes­Kaap be­soek om fak­sie­ge­veg­te en strui­kel­blok­ke in die par­ty uit te stryk.

Ná die ver­ga­de­ring is Sue van der Mer­we, ou­dad­junk­mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke en ANC­LP, en Di­puo Let­sat­si­Du­ba, voor­sit­ter van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings, aan­ge­wys om in die Wes­Kaap oor die par­ty toe­sig te hou.

Frans­man is vroeg in Maart ver­soek om op­sy te staan han­gen­de die uit­slag van ’n straf­reg­te­li­ke on­der­soek na hom.

K­ha­ya Ma­gaxa, Frans­man se ad­junk, is toe aan­ge­wys as waar­ne­men­de lei­er in die pro­vin­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.