Staat se heb­sug of swak span­ne?

Vrae ná nog sterf­tes

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Kat­man­doe. – Her­nu­de vrae word oor die voor­be­rei­ding en vei­lig­heid­stan­daar­de van se­ke­re berg­klim­groe­pe ge­vra na­dat drie men­se die na­week op die berg E­ve­rest dood is.

Su­bhash Paul (43) van In­dië, wat die 8 850 m na die piek Sa­ter­dag ge­klim het, is eer­gis­ter weens uit­put­ting dood, sê Noe­roe Wang­tj­soe, ’n sjer­pa van die maat­skap­py T­rek­king Camp Ne­pal.

Dr. Ma­ri­sa (Ma­ria) S­try­dom (34), wat in Suid-A­fri­ka ge­bo­re en ge­toë is en in Aus­tra­lië ge­woon het, en die Ne­der­lan­der E­ric Ar­nold, wat le­de van een eks­pe­di­sie was, is vroe­ër die na­week weens hoog­te­siek­te dood.

Hul­le het siek ge­word in die be­rug­te “dood­so­ne”, waar die lug so dun is dat net die fiks­ste klim­mers son­der by­ko­men­de suur­stof kan leef.

“Tal­le klim­mers son­der er­va­ring pak E­ve­rest el­ke jaar toe en maat­skap­pye ge­bruik dik­wels swak toe­rus­ting . . . en bied goed­koop pak­ket­te aan kli­ën­te wat dan aan ge­vaar bloot­ge­stel word,” sê Ang T­sje­ring, hoof van die Ne­pal-berg­klim­ver­e­ni­ging.

“Klim­mers by maat­skap­pye wat goed be­stuur word en er­va­re gid­se ge­bruik, is vei­lig.”

Berg­klim­maat­skap­pye pak die skuld op die re­ge­ring, wat tot $11 000 (R173 000) vra vir ’n E­ve­rest-per­mit, maar geen geld aan vei­lig­heids­maat­re­ëls be­stee nie.

Die re­ge­ring het tot dus­ver van­jaar $3 mil­joen (R47 mil­joen) van 289 klim­mers ge­kry.

Die re­ge­ring voer aan klim- mers se ge­brek­ki­ge voor­be­rei­ding is eer­der die oor­saak.

“Die sterf­tes is nie te wy­te aan ’n on­ge­luk of die groe­pe waar­in hul­le was nie,” sê Soe­darsjan D­ha­kal, ’n amp­te­naar van die de­par­te­ment van toe­ris­me.

“Die ver­lies aan e­ner­gie en hoog­te­siek­te be­te­ken hul­le was nie goed voor­be­reid nie.”

Twee In­die­se klim­mers word se­dert Sa­ter­dag op E­ve­rest ver­mis en berg­kli­mamp­te­na­re sê die moont­lik­heid is skraal dat hul­le le­wend ge­vind sal word.

Vol­gens Ar­nold Cos­ter, ei­e­naar van Ar­nold Cos­ter Ex­pe- di­ti­ons wat S­try­dom se groep ge­lei het, sê ’n red­dings­groep word saam­ge­stel wat sal pro­beer om die ly­ke te gaan haal.

“Dit is ’n moei­li­ke en uit­da­gen­de klim en baie men­se (wat dit aan­ge­pak het) is al dood,” het Ju­lie Bis­hop, Aus­tra­lie­se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, aan ver­slag­ge­wers in B­ris­ba­ne ge­sê.

Vol­gens haar help die Aus­tra­lie­se re­ge­ring om S­try­dom se oor­skot te­rug te bring.

Cos­ter sê die klim­mers het al­bei skie­lik siek ge­word toe hul­le teen die berg af is.

E­ric Ar­nold is na die laas­te kamp net voor die kruin van E­ve­rest be­reik word, ge­neem.

Daar het hy suur­stof en me­di­sy­ne ge­kry.

“Hy het moeg ge­lyk, maar gees­te­lik piek­fyn. Ons het hom na sy tent ge­neem en hom nog suur­stof en baie vloei­stof en kos ge­gee. Dit het ge­lyk of hy her­stel. Hy het daar­die aand on­ver­wags in sy tent ge­sterf,” het Cos­ter op Fa­ce­book ge­sê.

“Ma­ri­sa was piek­fyn tot by die ‘bal­kon’, waar sy baie sta­dig ge­word het.”

Die “bal­kon” is ’n klein plat- form 8 400 m hoog waar klim­mers kan rus.

“Sy het be­sluit om 08:00 op die sui­de­li­ke kruin om te draai. Ge­woon­lik sou dit ge­noeg tyd ge­wees het om vei­lig van die berg af on­der toe te gaan, maar haar toe­stand het vin­nig ag­ter­uit­ge­gaan,” het Cos­ter ge­sê.

“Sy het half­pad tus­sen die sui­de­li­ke kruin en die ‘bal­kon’ ver­ward ge­raak. Haar man en ver­skeie sjer­pas het die heel­nag pro­beer om haar on­der­toe te bring en 00:20 kon hul­le die laas­te kamp, net voor die kruin, haal. Daar het ons haar ge­sta­bi­li­seer.”

Sy kon die vol­gen­de og­gend self uit die tent stap. “He­li­kop­ter­red­ding is net moont­lik van Kamp 3 af, so ons is ver­der af daar­heen. Ma­ri­sa kon self stap, maar twee uur la­ter het sy op die ‘Ge­ne­va S­pur’ in­me­kaar­ge­sak.”

Die “Ge­ne­va S­pur” is ’n groot rots­for­ma­sie.

“Haar man het haar ver­geefs pro­beer by­bring. Rob is die vol­gen­de dag per he­li­kop­ter van Kamp 2 ge­neem en is nou in Kat­man­doe.”

Ma­ri­sa S­try­dom en haar man, Ro­bert Gro­pel, in 2015.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.