‘Sa­dou moet ver­dui­de­lik’

Ver­slag sê hoe u­nie on­der­wys kaap – DA

Beeld - - Nuus - A­let Jan­se van Rens­burg

Kaap­stad. – Die Suid-A­fri­kaan­se De­mo­kra­tie­se On­der­wy­sers­u­nie (Sa­dou) moet nou ver­dui­de­lik waar­om so­veel van sy le­de by die so­ge­naam­de kon­tant-vi­r­werk-skan­daal be­trek is.

Die DA het gis­ter aan No­ma­lun­ge­lo Gi­na, voor­sit­ter van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ba­sie­se on­der­wys, ge­skryf en ver­soek dat lei­ers van Sa­dou voor die ko­mi­tee ver­skyn om die vak­bond se aan­da­dig­heid aan die be­weer­de kor­rup­sie te ver­dui­de­lik.

Die DA eis ook dat Mag­o­pe Maphi­la, pre­si­dent van Sa­dou, hom daar­toe ver­bind om op te tree teen sy le­de wat by die kor- rup­sie­skan­daal be­trok­ke is en dat hy stap­pe doen om dié prak­tyk in die toe­koms te voor­kom.

Ga­vin Da­vis, DA-LP en die par­ty se woordvoerder oor ba­sie­se on­der­wys, het ge­sê dit is geen toe­val dat on­der­wys ag­ter- uit­gaan in die pro­vin­sies waar Sa­dou oor­heers nie.

“Die ver­slag wys hoe Sa­dou ons on­der­wys­stel­sel in ses van die ne­ge pro­vin­sies ge­kaap het en toe­ge­laat het dat veg­lus pro­fes­si­o­na­li­teit in sy ge­le­de­re troef,” het hy ge­sê. “Ons hoop die ver­slag is die be­gin van die ein­de van Sa­dou se hou­vas op sko­le in be­na­deel­de ge­meen­skap­pe.”

An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, het ’n taak­span saam­ge­stel om be­we­rings van pos­te wat aan Sa­dou­le­de “ver­koop” is te on­der­soek na­dat sul­ke be­we­rings in 2014 deur Ci­ty P­ress ge­maak is.

In die ver­slag, wat Vry­dag­aand be­kend ge­maak is, is be- vind dat 38 pos­te in ses pro­vin­sies waar­skyn­lik deur Sa­dou­le­de vir kon­tant “ver­koop” is.

On­der­hou­de is ten ty­de van die on­der­soek met na­si­o­na­le en pro­vin­si­a­le ver­teen­woor­di­gers van die on­der­skeie on­der­wys- vak­bon­de, dis­triks­be­stuur­ders en pro­vin­si­a­le be­amp­tes van die on­der­wys­de­par­te­ment ge­voer. Die ver­slag dui op wyd­ver­sprei­de ka­der­ont­plooi­ing in die on­der­wys­stel­sel en die on­reg­ma­ti­ge in­vloed wat le­de van Sa­dou op die aan­stel­lings­pro­ses uit­oe­fen.

Sa­dou het aan die taak­span ge­sê die feit dat sy le­de so baie pos­te kry, moet aan de­mo­gra­fie­se fak­to­re toe­ge­skryf word, as­ook dat sy le­de van “be­ter ge­hal­te” is.

Die vak­bond het ver­le­de week in ’n ver­kla­ring ge­sê dit is dui­de­lik die taak­span wil die land se vor­de­ring doel­be­wus sa­bo­teer.

“Dit ver­klaar waar­om die mi­nis­ter en taak­span Sa­dou met be­hulp van le­de van die me­dia ver­volg,” lui die vak­bond se ver­kla­ring.

“Toe ons se­ke­re leem­tes in die ver­slag uit­ge­wys het en op ’n ge­leent­heid aan­ge­dring het om voor­leg­gings daar­oor te doen, is ons daar­van be­skul­dig dat ons hul­le met reg­stap­pe dreig. Dié leem­tes is so fun­da­men­teel dat dit die ver­slag se ge­loof­waar­dig­heid in twy­fel trek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.