Muur­mees­ter­stuk in Pta ‘sal be­houe bly’

Beeld - - Nuus - Re­tha Fou­rie

Bou­werk aan ’n muur om die In­die­se ho­ë­kom­mis­sa­ri­aat in P­re­to­ria be­te­ken nie dat dié ar­gi­tek­to­nie­se mees­ter­stuk se voor­koms gaan ver­an­der nie.

Dit gaan in so ’n ma­te be­houe bly dat selfs die graf­steen van die hond­jie F­lip­pie, wat ty­dens die re­stou­ra­sie­pro­ses in die muur ge­vind is, op die­self­de plek te­rug­ge­plaas gaan word.

Hoe­wel die kon­trak­teurs be­sig is om die muur om die e­nor­me rooi­bak­steen­huis op die hoek van Fran­cis Baard- en Eas­t­wood­straat af te breek, gaan by­kans el­ke steen weer in die nu­we muur ge­bruik word.

Kom­mer het vroe­ër be­staan dat die muur on­wet­tig af­ge­breek word om­dat die ge­bou al in die vo­ri­ge eeu ge­bou is en waar­skyn­lik ou­er as 100 jaar is.

Daar word ver­moed dat dit om­streeks 1912 ge­bou is.

Ni­co Mak­kink, die kon­trak­teur wat op­drag van die kom­mis­sa­ri­aat ont­vang het om die muur te re­stou­reer, sê hy het twee maan­de ge­wag op toe­stem­ming om die werk te doen.

Hy moes ook plan­ne by die Gau­teng­se ge­denk­waar­dig­heids­o­wer­heid in­dien voor­dat die re­stou­ra­sie­werk ver­le­de week deur dié o­wer­heid goed­ge­keur is.

’n Af­skrif van die ser­ti­fi­kaat is aan Beeld ge­toon.

Mak­kink sê die muur het erg be­gin ver­brok­kel en om­ge­val en het ’n vei­lig­heids­ri­si­ko ge­word vir voet­gan­gers wat op die sy­paad­jie by die huis ver­by­stap, so­wel as werk­ne­mers van die kom­mis­sa­ri­aat.

Daar­be­ne­wens het ver­skeie mo­tors al ty­dens bot­sings in die krui­sing deur die muur ge­bars, ter­wyl in­drin­ger­bo­me se wor­tels die muur op plek­ke laat om­tui­mel het.

Vol­gens Mak­kink gaan hy die pi­la­re met be­ton ver­sterk so­dat die muur net ste­wi­ger as voor­heen gaan wees.

Hul­le gaan ver­der so­ver moont­lik el­ke bak­steen wat nog heel is weer ge­bruik en waar dit nie moont­lik is nie, an­der ste­ne ge­bruik wat deur die be­wa­rings­o­wer­he­de goed­ge­keur is.

F­lip­pie se graf­steen is ook ge­re­stou­reer en gaan vol­gens Mak­kink ook weer “prag­tig lyk”.

Fo­to: THAPELO MAPHAKELA

Die muur om die In­die­se ho­ë­kom­mis­sa­ri­aat in P­re­to­ria wat ver­moe­de­lik meer as 100 jaar oud is, word af­ge­breek om her­stel te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.