Vu­wa­ni: Sko­le bly steeds leeg

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Ver­skeie sko­le in Vu­wa­ni in Lim­po­po was gis­ter steeds ge­sluit na­dat 24 sko­le drie we­ke ge­le­de daar af­ge­brand is. Al is mo­bie­le klas­ka­mers by die Frank Muk­ha­swa­ku­le S­chool af­ge­le­wer, het leer­lin­ge en on­der­wy­sers weg­ge­bly, be­rig die SAUK.

Slegs 42 van die Mas­hau P­ri­ma­ry S­chool se meer as 400 leer­lin­ge het op­ge­daag en net een on­der­wy­ser.

So­wat 70 mo­bie­le klas­ka­mers is ver­le­de week by sko­le in die Vu­wa­ni-streek, so­wat 150 km noord­oos van Polokwane, af­ge­le­wer. Die re­ge­ring moes raap en skraap om dit koop.

Ska­de van mil­joe­ne ran­de is aan sko­le in die streek aan­ge­rig deur men­se wat on­te­vre­de is oor die sa­me­voe­ging van Vu- wani en Ma­la­mu­le­le in ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit.

Hul­le dring daar­op aan dat Vu­wa­ni deel bly van die Mak­ha­do-mu­ni­si­pa­li­teit in Lou­is T­ri­chardt.

E­d­zi­sa­ni Mut­hat­he, ’n on­der­wy­ser, en Ta­ka­la­ni Ts­ha­vhuyo, ’n ANC-raads­lid, is in die groep van 21 men­se wat se­dert­dien deur die po­li­sie weens die brand­stig­ting in heg­te­nis ge­neem is. Die groep ver­skyn van­dag in die land­dros­hof in Ma­la­mu­le­le op aan­klag­te van brand­stig­ting en op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging.

Die ge­meen­skap gaan voort met hul weg­bly­ak­sie. Win­kels is ge­sluit en o­pen­ba­re ver­voer word nie in die ge­bied toe­ge- laat nie.

Dr. Na­le­d­za­ni Ra­si­la, woordvoerder van die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys in Lim­po­po, het nie op skrif­te­li­ke na­vrae ge­re­a­geer oor waar­om sko­le nog nie weer nor­maal funk­si­o­neer nie.

P­hu­ti Se­lo­ba, woordvoerder van die Lim­po­po-re­ge­ring, het aan die SAUK ge­sê die pro­ses om hand­boe­ke en les­se­naars af te le­wer, is nog nie af­ge­han­del nie.

Faith Mut­ham­bi, mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie, het gis­ter weer met die men­se van Vu­wa­ni ver­ga­der om hul­le te pro­beer oor­reed om hul pro­tes­op­tre­de te laat vaar.

Die in­ter­mi­nis­te­ri­ë­le taak­span wat pres. Ja­cob Zu­ma na Vu­wa­ni ge­stuur het, sal die me­dia van­dag oor hul werk in­lig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.