Le­su­fi woe­dend oor JZ­spot­prent in toets

Beeld - - Nuus - An­le­rie de Wet

Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys, het be­lo­we om die skool te straf wat ’n spot­prent van pres. Ja­cob Zu­ma in ’n En­gel­se toets ge­bruik het om “on­van­pas­te vrae” aan leer­lin­ge te vra.

Le­su­fi het Vry­dag fo­to’s van die toets op so­si­a­le me­dia ge­deel en hom ten sterk­ste teen die skool uit­ge­spreek.

“Hoe durf jy skool­kin­ders in ’n klas dié vrae vra? Ver­ge­we my, maar Maan­dag gaan ons be­slis­send op­tree teen die skool. Mag ek die ou­ers be­dank wat dit on­der ons aan­dag gebring het. Ie­mand gaan val, ons kan jul­le ver­se­ker!”

In die spot­prent deur Za­pi­ro is Zu­ma in ’n swem­broek op ’n op­blaas­ma­tras ter­wyl hy met ’n dran­kie in die hand in ’n swem- bad vol geld dryf.

Leer­lin­ge is eers ge­vra om die man (Zu­ma) in die spot­prent te i­den­ti­fi­seer, waar­na hul­le ge­vra is of hul­le vir die man sal stem om pre­si­dent te wees en wat hul­le glo sy wer­ke­tiek is. Leer­lin­ge moes die spot­prent ge­bruik om hul ant­woor­de te staaf.

Ou­pa Bo­di­be, Le­su­fi se woordvoerder, sê die ou­ers van die kind wie se toets in die fo­to’s ver­skyn, het die skool by die de­par­te­ment aan­ge­kla weens die “on­van­pas­te vrae” wat in die toets aan leer­lin­ge ge­vra is. Hul­le het ge­vra dat daar drin­gend in­ge­gryp word.

“In dié sta­di­um is ons nie in die po­si­sie om die skool se naam be­kend te maak nie. Ons neem dit erns­tig op en het ge­vra dat die saak on­der­soek word,” sê Bo­di­be.

Vraag: “Wie is die man in die spot­prent?” Ant­woord: “Die man in die spot­prent is Ja­cob Zu­ma.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.