Nóg C­hi­ne­se vis­trei­lers in SA wa­ters ge­vang

Beeld - - Nuus - Al­vené Ap­pol­lis

Nog drie C­hi­ne­se vis­trei­lers wat on­wet­tig in Oos-Kaap­se vis­wa­ters was, is eer­gis­ter aan­ge­keer en word in die Oos-Lon­den­se ha­we aan­ge­hou.

Die trei­lers Fu Yu­an Yu 7880 en Fu Yang Yu 7881 is Vry­dag aan die kus na­by Port E­li­za­beth op­ge­merk en die der­de, Run Da 617, na­by Oos-Lon­den.

Die drie bo­te het ge­sa­ment­lik so­wat 600 t ink­vis aan boord.

Wet­stoe­pas­sers het die eer­ste twee van na­der­by on­der­soek, maar kon weens storm­ag­ti­ge see­toe­stan­de nie aan boord gaan om die trei­lers deur te soek nie.

“Hul­le het wel vas­ge­stel dat dié vaar­tuie nie aan­soek ge­doen het om toe­gang tot ons eks­klu­sie­we e­ko­no­mie­se so­ne (EES) nie en het ag­ter­dog­tig ge­raak,” het Bo­mi­ka­zi Mo­la­po, ’n woordvoerder van die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye, ge­sê. “Ons vis­se­ry­be­heer­be­amp­tes het die be­man­ning deur ra­di­o­be­heer op­drag ge­gee om na die Oos-Lon­den­se ha­we te vaar, maar hul­le het . . . met ’n spoed weg­ge­vaar.”

Die de­par­te­ment en die vloot het die trei­lers Vry­dag ag­ter­na­ge­sit en in­ge­haal. Die be­man­nings­le­de het ge­wei­er om hul sa­me­wer­king te gee. Eer­gis­ter om­streeks 02:00 het hul­le skie- lik met ’n vaart oos ge­vaar.

“Die wet­stoe­pas­sers het die vaar­tuie wéér ag­ter­na­ge­sit én in­ge­haal. Ge­luk­kig het die weers­om­stan­dig­he­de ver­be­ter en kon ons in­spek­teurs en amp­te­na­re aan boord gaan om be­hoor­lik on­der­soek in te stel. Vis en toe­rus­ting is aan boord van al­bei ge­vind, maar nie per­mit­te nie. Hul­le is weer ge­vra om na die Oos-Lon­den­se ha­we te vaar.”

Op pad daar­heen is die der­de trei­ler op­ge­merk. Dié trei­ler is ook deur­ge­soek en nóg ink­vis is ge­vind. “Dié vaar­tuig was ook son­der ’n per­mit en is die ha­we in­ge­lei. Hier het on­der meer die po­li­sie, die Suid-A­fri- kaan­se In­kom­ste­diens en die Suid-A­fri­kaan­se ma­ri­tie­me vei­lig­heids­o­wer­heid (Sam­sa) ’n ge­sa­ment­li­ke on­der­soek be­gin.”

Die Fu Yu­an Yu 7880 het so­wat 340 t ink­vis aan boord ge­had, ter­wyl die be­man­nings­le­de van die Fu Yang Yu 7881 en Run Da 716 on­der­skei­de­lik 60 t en 200 t ge­had het.

Ver­le­de week is ne­ge C­hi­ne­se vis­trei­lers, al­mal on­der die Lu Hu­ang Yu­an Yu-han­dels­merk, na­by Port Ed­ward op­ge­merk.

Een van dié trei­lers is na­by Kaap­stad aan­ge­keer.

Die on­der­soek­dos­sier sal aan die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag oor­han­dig word so­dra Sam­sa sy on­der­soek vol­tooi het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.