Húl­le mag re­nos­ter­ho­ring koop, ver­koop

Beeld - - Nuus -

Die re­ge­ring het sy stryd vir die be­houd van ’n ver­bod van se­we jaar op han­del in re­nos­ter­ho­ring in die ap­pèl­hof ver­loor.

Dié be­slis­sing het geen uit­wer­king op die ver­bod op in­ter­na­si­o­na­le han­del in re­nos­ter­ho­ring nie. Po­ten­si­ë­le plaas­li­ke ko­pers mag re­nos­ter­ho­ring dus nou aan­skaf.

Dui­sen­de re­nos­ters is die laas­te paar jaar in Suid-A­fri­ka ge- stroop vir hul ho­rings om te voor­sien in die vraag na re­nos­ter­ho­ring in A­si­a­tie­se lan­de, waar ko­pers dit be­skou as ’n seks­op­kik­ker, ’n kan­ker­be­han­de­lings­mid­del of iets wat ba­be­las kan oor­kom.

“Wet­li­ke fi­na­li­teit is nou be­reik,” sê Pel­ham Jo­nes, voor­sit­ter van die ver­e­ni­ging van pri­va­te re­nos­ter­ei­e­naars (PROA). “Plaas­li­ke han­del kan nou her­vat word.”

So­wat 5 000 re­nos­ters, om­trent ’n kwart van die land se re­nos­ter­be­vol­king, is in pri­va­te be­sit. Re­nos­ter­ho­ring kan ge­oes word om­dat dit te­rug­groei.

Die re­ge­ring het nog nie ge­sê hoe groot sy op­ge­hoop­te voor­raad re­nos­ter­ho­ring is nie, maar die PROA be­raam dat sy le­de so­wat 6 ton en die staat so­wat 25 ton het. Ge­sa­ment­lik is dit R31,5 mil­jard werd.

’n Woordvoerder van die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke het gis­ter aan­ge­dui dat sy la­ter die dag kom­men­taar sou le­wer op die uit­spraak, wat Vry­dag ge­le­wer is. Dit het teen druk­tyd nog nie ge­beur nie en dit was on­dui­de­lik of die re­ge­ring in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof gaan ap­pel­leer nie.

John Hu­me, die groot­ste re­nos­ter­te­ler ter wê­reld wat so­wat 1 300 re­nos­ters be­sit, hoop om van sy voor­raad van 5 ton re­nos­ter­ho­ring te ver­koop. “Ons sal be­slis bin­ne­kort van die re­nos­ter­ho­ring pro­beer ver­koop,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.