Twee skeur­tand­haaie by Mos­sel­baai vry­ge­laat

Beeld - - Nuus - El­ma­ri­ne An­tho­ny

Kaap­stad. – Twee skeur­tand­haaie word van­dag in die see by Mos­sel­baai vry­ge­laat na­dat hul­le van die I&J-roof­vis­uit­stal­ling by die Twee O­se­a­ne­a­kwa­ri­um in Kaap­stad na Mos­sel­baai ge­neem is.

Die haaie is toe­ge­rus met sen­ders wat in hul­le in­ge­plant is so­dat da­ta vir we­ten­skap­li­ke na­vor­sing in­ge­sa­mel kan word.

Vol­gens Renée Leeu­w­ner, woordvoerder van die a­kwa­ri­um, kan die toe­stel­le se bat­te­ry tien jaar hou.

Dit kan da­ta ver­skaf oor on­der meer waar pre­sies die haaie is, op wat­ter diep­te hul­le swem en hoe lank hul­le in se­ke­re ge­bie­de bly.

Dui­kers moes eers die haaie in deur­sig­ti­ge PVC-treg­ters ma­neu­vreer, waar­na hul­le op- ge­lig en na ’n tenk in die uit­stal­ling oor­ge­plaas is. Daar­na is hul­le in ’n 6 000 F- tenk ag­ter­op ’n vrag­mo­tor ge­plaas.

“Die tenk en die vrag­mo­tor is al­bei met vol­le­di­ge le­wens­on­der­steu­nen­de stel­sels toe­ge­rus om die wa­ter­ge­hal­te ge­du­ren­de die ver­voer na Mos­sel­baai en oor­nag te hand­haaf,” het Leeu­w­ner ge­sê.

Die uit­stal­ling se oor­bly­wen­de twee haaie, ook skeur­tand­haaie, sal vol­gen­de week vry­ge­laat word.

Die vry­la­ting is om die I&J-roof­vis­uit­stal­ling vir her­stel­werk in Ju­nie, so­wel as vir ’n nu­we uit­stal­ling, ge­reed te maak.

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Dui­kers vang gis­ter een van twee skeur­tand­haaie van die I&J­roof­dier­uit­stal­ling by die Twee O­se­a­ne­a­kwa­ri­um in Kaap­stad. Die twee haaie word van­dag in die wa­ters van Mos­sel­baai vry­ge­laat. Die een haai is se­dert 2005 by die a­kwa­ri­um en die an­der een se­dert De­sem­ber ver­le­de jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.