Men­se het 45 000 jaar ge­le­de weer te­rug na A­fri­ka ge­mi­greer, wys DNS

Beeld - - Nuus - – El­sa­bé B­rits

Die ske­del van ’n vrou wat 35 000 jaar ge­le­de in ’n grot in Roe­me­nië ge­woon het, wys dat haar voor­sa­te 45 000 jaar ge­le­de van Eu­ra­sië te­rug na A­fri­ka ge­mi­greer het.

Daar is tal­le be­wy­se, ge­ne­ties en in fos­sie­le, vir twee e­nor­me mi­gra­sies uit A­fri­ka.

So­wat 1,8 mil­joen jaar ge­le­de het Ho­mo e­rec­tus A­fri­ka ver­laat en was teen 1,5 mil­joen jaar ge­le­de in A­sië ge­ves­tig. So­wat 65 000 jaar ge­le­de was daar ’n groot uit­tog na Eu­ro­pa, A­sië en die res van die wê­reld.

Teen 50 000 jaar ge­le­de was ons voor­sa­te in Aus­tra­lië en Oos-A­sië, en 10 000 jaar la­ter in groot de­le van Eu­ro­pa en Si­be- rië. So­wat 20 000 jaar ge­le­de is men­se oor die Be­ring­straat na die A­me­ri­kas.

Na­vor­sers aan die Bas­kie­se u­ni­ver­si­teit in S­pan­je het on­langs in die a­ka­de­mie­se vak­tyd­skrif S­cien­ti­fic Re­ports ge­skryf hul­le kon DNS ont­trek aan die tan­de van die vrou se ske­del.

Die so­ge­naam­de ge­ne­tie­se mer­kers in die DNS wat men­se se her­koms wys, kom hoof­saak­lik in die he­den­daag­se noord­wes­te van A­fri­ka voor.

Die mer­kers is mu­ta­sies wat mil­len­nia lank on­ver­an­derd bly.

Die vrou se voor­sa­te het dus daar­vol­gens uit Eu­ra­sië te­rug na A­fri­ka ge­mi­greer en is la­ter weer na Eu­ra­sië.

Fo­to: E. TRINKAUS EN A. SOFICARU

Dié ske­del van ’n vrou wat in die Pe­ste­ra Mui­e­rii­grot in Roe­me­nië ont­dek is, is 35 000 jaar oud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.