OBK, swart be­leg­gers wil bank koop

Beeld - - Sake -

Jo­han­nes­burg. – Die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie (OBK) is be­sig om ’n groep van swart be­leg­gers te vorm om ’n be­lang in Bar­clays A­fri­ca te koop en om so­doen­de die bank weer on­der Suid-A­fri­kaan­se be­heer te pro­beer kry.

“Daar is ge­sprek­ke met in­sti­tu­si­o­ne­le be­leg­gers wat swart geld be­stuur, soos pen­si­oen­fond­se,” sê Dan Mat­ji­la, hoof van die OBK.

Dit is moei­lik om te sê hoe groot die be­lang is waar­in die groep be­leg­gers be­lang stel om­dat “ons nie die tjek­boek het om dit al­les te vat nie, maar ons soek na bui­te­land­se ven­no­te ook”, het hy ge­sê. Die Re­ser­we­bank sê hy wil bank­ei­e­naars met sta­bi­li­teit, diep sak­ke en lang- ter­myn­plan­ne hê.

Bob Di­a­mond, voor­ma­li­ge hoof van die B­rit­se Bar­clays, wat van sy be­lang in Bar­clays A­fri­ca ont­slae wil raak, het in A­pril ge­sê hy en an­der be­leg­gers werk aan ’n moont­li­ke aan­bod vir die bank.

Die A­braaj-groep van Du­bai werk glo ook aan ’n aan­bod.

Die OBK het al ge­sprek­ke met Di­a­mond ge­had, het Mat­ji­la ge­sê, maar wou nie ver­der uit­wei nie.

Die OBK wil hê die tran­sak­sie moet so gou as moont­lik plaas­vind. Mat­ji­la sê daar was ge­sprek­ke met die Suid-A­fri­kaan­se mil­jar­dêr Pa­tri­ce Mot­se­pe se A­fri­can Rain­bow Ca­pi­tal, “maar niks kon­kreets nie”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.