V­lieg­kaart­jies bin­ne SA ‘gaan duur­der word’

Beeld - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

Kaap­stad. – Die wis­sel­val­li­ge rand-dol­lar-wis­sel­koers en o­lie­pry­se wat lyk of dit weer in ’n styg­fa­se in­be­weeg, kan bin­ne­land­se vlieg­kaart­jie­pry­se oor die ko­men­de maan­de laat styg.

Ki­r­by Gor­don, ver­koop­be­stuur­der by die la­e­kos­te­lug­diens F­lySa­fair, sê byna 40% van die be­dryfs­kos­te van ’n vlug tus­sen Kaap­stad en Jo­han­nes­burg is brand­stof. Te­sa­me met die ver­swak­ken­de rand wat die fi­nan­sie­rings­kos­te van vlieg­tuie raak, plaas dit ’n gro­ter wor­den­de las op lug­diens­te.

“Lug­diens­te sal dié sty­gen­de kos­te deur hul kaart­jie­pry­se wil ver­haal.”

Ge­or­ge G­lyn­os, hoof­e­ko­noom van ETM A­na­ly­ti­cs, sê maat­skap­pye kan ’n swak of sterk rand han­teer, maar waar­mee hul­le suk­kel, is ’n erg wis­sel­val­li­ge rand.

F­lySa­fair ver­dui­de­lik die win­ter is ge­woon­lik ’n tyd van lae vraag na lug­rei­se en die mees­te lug­diens­te is dan ge­neig om hul vlug­te ef­fens te ver­min­der.

Mark­krag­te be­paal die ge­mid­del­de ta­rief wat ’n ver­brui­ker sal be­taal, en as lug­diens­te die aan­bod te veel in­kort, sal daar ’n na­tuur­lik­se op­waart­se aan­pas­sing in die ge­mid­del­de ta­rief wees.

Gor­don meen die lug­diens­be­dryf se aan­dag word die af­ge­lo­pe tyd af­ge­trek deur an­der sa­ke, soos die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens en po­li­tie­ke on­der­han­de­lin­ge oor wie dit be­heer, Co­mair se uit­da­gings met vak­bon­dop­tre­de, as­ook die reg­stryd met die Lug­diens­li­sen­si­ë­rings­raad oor sy bui­te­land­se aan­deel­hou­ding.

“Die net­to uit­wer­king is ’n be­dryf waar be­lang­heb­ben­des hul oë van kos­te­be­heer-dis­si­pli­ne af­haal. Die een of an­der tyd sal hul­le hul regs- en ad­mi­nis­tra­sie­kos­te moet ver­haal, en dis waar­skyn­lik dat dit na ver­brui­kers deur­ge­gee sal word in die vorm van duur­der v­lieg­kaart­jies,” sê Gor­don.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.