MTN­boe­te­sa­ge sloer nog lan­ger

Beeld - - Sake -

Jo­han­nes­burg. – MTN se aan­deel­prys het gis­ter ge­daal na­dat Ni­ge­rië ge­sprek­ke oor die boe­te van $3,9 mil­jard in dié land ge­staak het ter­wyl die par­le­ment ’n on­der­soek na die aan­ge­leent­heid af­han­del.

Laat­og­gend was die aan­deel­prys 2,65% la­er, maar dit het la­ter her­stel en uit­ein­de­lik 0,7% la­er op R127,47 ge­sluit. MTN se aan­deel­prys het reeds met 35% ge­tui­mel se­dert die boe­te, wat oor­spronk­lik $5,2 mil­jard was, in Ok­to­ber ge­hef is om­dat on­ge­re­gis­treer­de ge­brui­kers se diens laat be­ëin­dig is.

“E­ni­ge ge­sloer in die af­han­de­ling van die boe­te­kwes­sie gaan ver­han­de­ling be­ïn­vloed en MTN se aan­deel­prys on­der druk hou,” sê Pe­ter Ta­ka­en­de­sa, ’n ont­le­der by Mer­gen­ce In­ves­t­ment Ma­na­gers.

“Die groot ge­leent­heid om dop te hou is MTN se jaar­ver­ga­de­ring dié week, waar die mark dalk meer dui­de­lik­heid sal kry.”

Ni­ge­rië se be­sluit om die ge­sprek­ke uit te stel sal MTN frus­treer. Die Ni­ge­rie­se o­wer­heid het ’n ko­mi­tee “wat die MTN-sa­ge on­der­soek en hy is steeds be­sig”, het Vic­tor Olu­wa­da­mi­la­re, ’n woordvoerder van die Ni­ge­rie­se de­par­te­ment van kom­mu­ni­ka­sie, ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.