S­tan­dard Bank slag­of­fer van R300 m. se be­drog in Ja­pan

Beeld - - Sake - – Fin24

S­tan­dard Bank het gis­ter be­ves­tig dat hy die slag­of­fer van be­drog was.

Dié bank het in ’n ver­kla­ring ge­sê kon­tant is met on­gel­di­ge kaar­te by ver­skeie kits­ban­ke in Ja­pan ont­trek. Vol­gens die bank het sy kli­ën­te geen fi­nan­si­ë­le ver­lie­se ge­ly nie.

Die bank het eg­ter na ra­ming so­wat R300 mil­joen se ska­de ge­ly. Dit is voor­dat e­ni­ge van die geld moont­lik her­win word om die ver­lies te be­perk, het die bank by­ge­voeg.

Vol­gens die bank is die o­wer­he­de van die voor­val in ken­nis ge­stel. “Die on­der­soek is in baie sen­si­tief en die no­di­ge in­lig­ting sal be­kend ge­maak word.”

Ja­pan News het gis­ter be­rig vol­gens die Ja­pan­se po­li­sie het ’n groep van meer as 100 men­se op 15 Mei so­wat R200 mil­joen (1,44 mil­jard jen) by kits­ban­ke “in om­trent twee en ’n half uur in en om To­kio ont­trek”.

Die geld is by 1 400 kits­ban­ke ont­trek met ver­vals­te kre­diet­kaar­te.

Vol­gens Ja­pan News ver­moed die Ja­pan­se po­li­sie dat ’n in­ter­na­si­o­na­le sin­di­kaat vir die be­drog ver­ant­woor­de­lik is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.