PPC dalk af­ge­gra­deer, aan­deel tui­mel

Beeld - - Sake -

Jo­han­nes­burg. – PPC se aan­deel­prys het gis­ter ge­tui­mel na­dat die maat­skap­py ge­sê het hy wil ka­pi­taal in­sa­mel om sy skuld te delg, maar ook dat hy dalk af­ge­gra­deer kan word. Sy aan­deel­prys het 18% la­er ge­sluit op R11,25.

PPC sê in ’n ver­kla­ring hy wil tus­sen R3 mil­jard en R4 mil­jard in­sa­mel om sy skuld te ver­min­der en be­staan­de uit­brei­dings­plan­ne en be­leg­gings­pro­jek­te te fi­nan­sier.

PPC sê eg­ter hy het re­de om te glo dat ’n kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap, met wie hy in ge­sprek is, sy kre­diet­gra­de­ring gaan ver­laag. Die ka­pi­taal­in­sa­me­ling sal eg­ter die skuld­gra­de­ring van die maat­skap­py on­der­steun.

PPC maan sy aan­deel­hou­ers om sy aan­de­le met om­sig­tig­heid te ver­han­del tot­dat die vol­le be­son­der­he­de van die ka­pi­taal­in­sa­me­ling be­kend ge­maak is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.