Groot­ste en­ke­le mie­lie­kon­trak in SA on­der­te­ken

Beeld - - Sake Nuus - Vi­da Booy­sen

Bloem­fon­tein. – Suid-A­fri­ka se groot­ste en­ke­le mie­lie­kon­trak, vir die ver­skaf­fing van ’n al­le­min­ti­ge 800 000 ton per jaar, is tus­sen die pluim­vee- en voer­maat­skap­py Astral en Tra­deVan­ta­ge van Sen­wes ge­sluit.

Die kon­trak is vir ’n tyd­perk van twee jaar van Mei van­jaar tot A­pril 2018 ge­sluit. In hier­die tyd­perk sal die af- set­pun­te van Astral se vee­voer­maat­skap­py, Me­adow Foods, in La­di­smith, Port E­li­za­beth, Pie­ter­ma­ritz­burg, S­tan­der­ton, Del­mas en Rand­fon­tein die 800 000 ton mie­lies per jaar ont­vang.

“Mie­lies is die hoof­be­stand­deel van ons die­re­voer en dit is nood­saak­lik dat ons ’n ven­noot het wat ons deur­lo­pend van 800 000 ton per jaar kan voor­sien,” sê Chris S­chut- te, uit­voe­ren­de hoof van Astral. Me­adow Foods word be­skou as die mark­lei­er vir die ver­skaf­fing van voer en pro­du­seer 1,5 mil­joen ton voer per jaar.

Fran­cois S­try­dom, uit­voe­ren­de hoof van Sen­wes, sê die maat­skap­py is vol ver­troue dat hy on­danks die droog­te steeds die mie­lies be­tyds en in­ge­vol­ge die kon­trak sal le­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.