As ras­sis­me aan­hou prut

Dit is al­le SuidA­fri­ka­ners se taak om hul voet dwars te sit teen ras­sis­me, skryf Ahmed Kathra­da.

Beeld - - Nuus -

As daar nou ’n kru slag­spreuk is wat ras­sis­me die bes­te uit­beeld, is dit dié van die NP ten ty­de van die 1948ver­kie­sing: “Die k****rs en boes­mans op hul plek, die koe­lies uit die land.”

Die be­doe­ling ag­ter hier­die slag­spreuk was om ná die NP se ver­kie­sing­se­ge wet­ge­wing uit A­dolf Hit­ler se Duits­land in te voer. Die On­tug- en die Groeps­ge­bie­de­wet het dalk in Duits­land an­der na­me ge­had, maar het die­self­de ge­wet­tig­de ras­sis­me as dié van die Der­de Ryk ver­ge­stalt.

Die woord “k****r” word klaar­blyk­lik nog in Suid-A­fri­ka ge­bruik, al is dit ver­bo­de. Dit om­vat steeds die ve­nyn en haat van die a­part­heids­e­ra.

Suid-A­fri­ka­ners het die laas­te paar we­ke op­nuut hul woe­de uit­ge­spreek oor voor­val­le van o­pen­li­ke ras­sis­me. Die k-woord is glo in drie hier­van ge­bruik.

Eers was dit Mat­thew T­heu­nis­sen wat sy frus­tra­sie oor trans­for­ma­sie ge­lug het. Daar­na het die be­stuur­der van die DBV se Mat­losa­na-tak, Su­zet­te Kot­ze, na be­we­ring die k-woord ge­bruik in ’n uit­bars­ting in die so­si­a­le me­dia waar­in sy vra dat swart men­se ’n “pyn­li­ke, ver­smo­ren­de dood” sterf.

On­langs is land­dros Mp­ha­fo­la­ne Ko­ma se voer­tuig aan­ge­val deur wit jeug­di­ges wat glo die k-woord ge­bruik het.

Hier­die voor­val­le toon dit maak nog ’n groot deel van som­mi­ge men­se se so­si­a­li­se­ring uit en word heel moont­lik in som­mi­ge huis­hou­dings steeds ge­bruik son­der om te blik of te bloos. Dié voor­val­le moet ons erg ver­ont­rus. Ons kan dit nie as van­self­spre­kend aan­vaar dat 22 jaar van de­mo­kra­sie an­ti­ras­sis­me on­der al­le Suid-A­fri­ka­ners ge­ves­tig het nie.

Die feit dat die k-woord steeds deur som­mi­ge as “nor­maal” aan­vaar word, is ’n aan­dui­ding dat ge­noeg nie ge­doen is om men­se op te voed oor die ge­skie­de­nis van seer­kry, ver­ne­de­ring, voor­oor­deel en haat wat daar­die ses let­ters be­lig­gaam nie.

Dit is ook ’n aan­dui­ding dat stren­ger teen ras­sis­tie­se oor­tre­ders op­ge­tree moet word. SuidA­fri­ka­ners kan nie meer half­har­ti­ge ver­ont­skul­di­gings dat swart vrien­de men­se van ras­sis­me vry­spreek, aan­vaar nie.

Be­staan­de wet­ge­wing teen ras­sis­me moet stren­ger ge­maak word. Bur­ger­li­ke ge­meen­skaps­or­ga­ni­sa­sies en po­li­tie­ke par­tye moet die par­le­ment na­der om ’n stren­ger be­leid teen ras­sis­me te skep.

Wet­ge­wing sal men­se se hou­ding nie oor­nag ver­an­der nie, maar sal be­slis streng op­tre­de teen o­pen­li­ke ras­sis­me ver­se­ker.

Hier­die plaag kan eg­ter nie net deur wet­ge­wing be­veg word nie. Al­mal – in­di­vi­due, or­ga­ni­sa­sies en ge­meen­skap­pe – moet hul waar­dig­heid af­dwing. Ek ge- bruik hier­die woor­de doel­be­wus, want dit is wat in die stryd teen a­part­heid van ak­ti­vis­te ver­eis is.

Ek ver­skaf twee voor­beel­de: In die tronk sou wag­te ge­van­ge­nes soms vra om hul kle­re uit te trek en voor­oor te buig so­dat hul pri- va­te de­le on­der­soek kon word. As po­li­tie­ke ge­van­ge­nes het ons ons waar­dig­heid af­ge­dwing deur te wei­er om hier­die ui­ters ver­ne­de­ren­de on­der­soe­ke te on­der­gaan.

In ’n an­der voor­val het ek en ’n paar vrien­de ’n hy­ser vir “net blan­kes” ge­bruik. ’n Wit vrou het ons ge­vra om die bord­jie te lees. Ons het ge­ant­woord dat “ons nie om­gee om ’n hy­ser met blan­kes te deel nie” en dat sy wel­kom is om haar by ons aan te sluit. Sy moes met af­sku ver­vul ge­wees het oor die “nie-blan­kes” se hou­ding en het ver­kies om die hy­ser nie te ge­bruik nie. Maar ons het ons waar­dig­heid af­ge­dwing.

Die ver­set­veld­tog van 1952, die 1946-veld­tog van pas­sie­we weer­stand en die A­me­ri­kaan­se bur- ger­reg­te­veld­tog bied tal­le an­der voor­beel­de van hoe ge­wo­ne men­se hul reg­te af­ge­dwing het.

Van­dag be­te­ken dié vorm van ak­ti­vis­me om ras­sis­me voort­du­rend in die kol­lig te hou, dit te ont­hul en te wei­er dat ras­sis­tie­se praat­jies of op­tre­de son­der be­swaar ver­by­gaan. Dit be­te­ken nie net om die voor­oor­de­le van kol­le­gas, fa­mi­lie­le­de en vrien­de die stryd aan te sê nie, maar ook jou eie dis­kri­mi­ne­ren­de sie­nings. Dit be­te­ken om be­mag­tig en in­ge­lig ge­noeg te wees om by ’n ge­lyk­heids­hof ’n klag in te dien as jy ras­sis­me teen­kom.

Ek is be­ïn­druk deur die tal­le in­di­vi­due wat hul woe­de oor die on­lang­se ras­sis­tie­se voor­val­le uit­ge­spreek het, ver­al in so­si­a­le me­dia. Al is ek nie juis ’n aan­han­ger van so­si­a­le me­dia nie, het ek ge­hoor dat ver­skeie men­se op T­wit­ter teen reg­ter Ma­bel Jan­sen se ras­sis­tie­se nei­gings be­swaar ge­maak het. Ek het ook ge­lees dat per­so­neel­le­de van ’n win­kel in S­prings ge­wei­er het om be­weer­de ras­sis­tie­se op­mer­kings aan hul­le deur ’n be­stuur­der te aan­vaar.

Wat be­lang­rik is, is dat in­di­vi­due en or­ga­ni­sa­sies die no­dig­heid in­ge­sien het om die voor­val­le na in­stel­lings soos die Men­se­reg­te­kom­mis­sie te ver­wys en in Jan­sen se ge­val na die Reg­ter­li­ke Diens­kom­mis­sie. Ek hoop hier­die in­stel­lings sal die voor­val­le met die no­di­ge erns on­der­soek en streng op­tree teen die­ge­ne wat skul­dig be­vind word.

Al vra ek gro­ter krag­da­dig­heid in die stryd teen ras­sis­me, sê ek geen­sins dat ras­sis­te nie ver­mens­lik kan word nie. Selfs die erg­ste ras­sis­te kan hul voor­oor­de­le deur op­voe­ding en ken­nis af­leer.

Voort­du­ren­de op­voe­ding en be­wus­ma­king van ras­se­kwes­sies deur al­les van skool­leer­plan­ne tot toe­ge­wy­de pro­gram­me en ru­brie­ke in die me­dia wat op pro­tes teen ras­sis­me fo­kus, sal no­dig wees as ons wil hê in­di­vi­due moet hul ras­sis­me in­sien en er­ken.

Dit sal har­de werk op grond­vlak verg wat die be­stry­ding van struk­tu­re­le ras­sis­me en ras­sis­tie­se nei­gings ten doel het.

Hier­die werk is die plig van po­li­tie­ke par­tye, die re­ge­ring, die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing, ge­meen­skap­pe, sko­le, u­ni­ver­si­tei­te, die sport­ge­meen­skap, die kuns­te­sek­tor, kor­po­ra­tie­we or­ga­ni­sa­sies, ge­sin­ne en in­di­vi­due.

Bur­gers, ver­skeie or­ga­ni­sa­sies en die sa­ke­ge­meen­skap moet i­ni­si­a­tie­we on­der­steun wat ras­sis­me die hoof bied en plat­forms vir in­ter­ak­sie en in­sig skep. I­ni­si­a­tie­we soos die An­ti-Ra­cism Net­work South A­fri­ca (Arn­sa) moet ver­sterk, on­der­steun en van hulp­bron­ne voor­sien word.

Ek is be­vrees as ons ons nie nou tot die stryd teen ras­sis­me ver­bind nie, sal Suid-A­fri­ka­ners aan­hou op­skrif­te lees oor in­di­vi- due wat die k-woord bla­tant ge­bruik, swart men­se ape of bob­be­ja­ne noem en an­der op grond van hul ras ver­ont­mens­lik en aan­val.

Ons sal aan­hou voor­beel­de sien van in­di­vi­due wat dit so mak­lik vind om die na­la­ten­skap van ja­re van ver­druk­king, on­ge­lyk­heid en sis­te­mie­se ras­sis­me te mis­ken. Ek vrees dat ras­se­span­ning on­der die op­per­vlak van ons ge­meen­skap sal aan­hou prut en dat val­se ver­al­ge­me­nings, soos dat “al­le wit­tes ras­sis­ties is”, sal pos­vat.

Ons mag nie toe­laat dat die ver­de­lings en hou­dings van die ver­le­de weer pos­vat nie.

Ons mag nie toe­laat dat SuidA­fri­ka­ners te­rug­keer na die men­ta­li­teit wat die weg ge­baan het vir die NP van 1948 om so ’n bla­tant ras­sis­tie­se ver­kie­sing­slag­spreuk te ver­kon­dig nie.

Ek word dik­wels her­in­ner aan Ma­di­ba se woor­de in die ge­tui­e­bank: “Ek het ge­veg teen wit oor­heer­sing en ek het ge­veg teen swart oor­heer­sing. Ek het die i­de­aal ge­koes­ter van ’n de­mo­kra­tie­se en vrye sa­me­le­wing waar­in al­le men­se in har­mo­nie met me­kaar kan saam­leef en ge­ly­ke ge­leent­he­de kan hê. Dit is ’n i­de­aal waar­voor ek leef en waar­na ek streef en hoop om te ver­we­sen­lik.

“Maar U E­de­le, as dit no­dig is, is dit ’n i­de­aal waar­voor ek be­reid is om te sterf.”

Van­dag moet ons be­sef dat die stryd vir nie­ras­sig­heid, bil­lik­heid en ge­lyk­heid nie ’n kort­ter­myn­taak is nie, maar oor ge­ne­ra­sies heen sal strek.

Dié stryd verg ’n ver­e­nig­de po­ging en ’n leef­tyd van toe­wy­ding waar­voor ons, soos Ma­di­ba ge­sê het, be­reid moet wees om te sterf in­dien no­dig. ) Ahmed Kathra­da (86) is ’n ak­ti­vis vir nie­ras­sig­heid en het ’n stig­ting wat dié i­de­aal be­vor­der. Hy is ’n voor­ma­li­ge Rob­ben­ei­land-ge­van­ge­ne na­dat hy in die Ri­vo­nia-ver­hoor tot le­wens­lan­ge tronk­straf ge­von­nis is weens sy po­li­tie­ke ak­ti­wi­tei­te teen a­part­heid.

Bur­ger­li­ke ge­meen­skaps­or­ga­ni­sa­sies en po­li­tie­ke par­tye moet die par­le­ment na­der om ’n stren­ger be­leid teen ras­sis­me te skep.

Fo­to: VER­SKAF

Ahmed Kathra­da, die skry­wer van hier­die ar­ti­kel, met ’n re­pli­ka van ’n a­part­heids­ken­nis­ge­wing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.