Ala­dashvi­li kan ver kom met reg­te lei­ding

Beeld - - Nuus - Paul Boek­kooi

Die 24-ja­ri­ge Ge­or­gi­ër Da­vid Ala­dashvi­li, me­ren­deels ’n pro­duk van die Juil­li­ard Mu­siek­skool, is wat sy teg­niek en vir­tu­o­si­teit be­tref reeds ’n voor­tref­li­ke pi­a­nis. Hy het ’n groot toe­koms in­dien sy ta­len­te deur­lo­pend kor­rek ge­ka­na­li­seer kan word.

Sy pro­gram van Son­dag­mid­dag het om­trent vir die helf­te af­ge­wyk van die voor­af ge­pu­bli­seer­de re­per­to­ri­um wat hy sou ver­tolk. Dit is ar­gu­ments­ont­hal­we sel­de ’n po­si­tie­we te­ken in­dien so iets ge­beur.

Hy het nie met Bach, soos ver­wag, ge­o­pen nie, maar in­ge­storm met C­ho­pin se Po­lo­nai­se nr. 6 in A-mol, op. 53 – ook dik- wels die He­ro­ïe­se ge­noem. Dit is ’n stuk vol bra­vour, met ’n pa­tri­o­tie­se en selfs mi­li­tê­re sub­teks wat re­la­tief min sub­ti­li­teit toe­laat.

Ala­dashvi­li se uit­voe­ring het met heel­wat ek­sen­tri­si­teit en ver­toon ge­paard ge­gaan: ei­en­aar­di­ge, on­aan­ge­dui-de ru­ba­to’s, tem­po­wis­se­lings wat vloei­end­heid on­der­myn het, plus te min a­sem­pou­ses, wat ’n mens laat te­rug­ver­lang na, sê maar, ’n Art­hur Ru­bin­stein.

Hier­na is sy be­plan­de uit­voe­ring van Beet­ho­ven se Die Storm- so­na­te, die Nr. 17 in d, op. 31 nr. 2, ver­vang met twee an­der Beet­ho­ven-wer­ke: drie ba­ga­tel­les uit op. 33 en die So­na­te no. 8 in c, op. 13 – Pat­hé­ti­que.

Dit verg ver­beel­ding en deur­dagt­heid om iets be­son­ders van dié vroeë ba­ga­tel­les te maak, maar Ala­dashvi­li het die kom­po­nis se jong gees­tig­heid in ’n bril­jan­te pi­a­nis­tie­se taal met ge­pas­te ak­sen­te oor­ge­plaas.

’n Vol­ler klank met baie diep­te en om­vang­ry­ke di­na­mie­se ska­ke­rings was die bly­wen­de ken­mer­ke van dié in­ter­pre­ta­sie van die so­na­te. Ba­lans tus­sen die lin­ker- en reg­ter­hand is voor­tref­lik. Die pi­a­nis het tel­kens ge­de­mon­streer dat die bas­kant net so­veel aan­dag moet kry as die dis­kant.

Die no­be­le mild­heid van die A­da­gio can­ta­bi­le was ’n hoog­te­punt waar­in hy met ’n om­vat­ten­de pi­a­nis­tie­se in­tu­ï­sie die me­lan­cho­lie­se diep­te daar­van aan­ge­dui het.

Die Kin­dersze­nen, op. 15 van S­chu­mann het by­kans deur­gaans in die 13 on­der­de­le die spe­si­fie­ke ken­mer­ke van die kom­po­nis se fan­ta­sie­wê­reld bin­ne­ge­dring met spel wat die no­di­ge warm­te uit­dra. Soms was tem­po’s iet­wat ek­sen­triek, soos in “Has­che-Mann” wat teen ’n ge­jaag­de tem­po struk­tuur ver­loor het.

Hier­na het Ala­dashvi­li na C­ho­pin te­rug­ge­keer. Sy vre­se om die Bal­la­de nr. 4 in F, op. 52 uit te voer (wat hy mon­de­lings aan die ge­hoor oor­ge­dra het), was toe on­ge­grond.

Teen ’n re­la­tief rus­tig vloei­en­de tem­po het hy die werk met ont­gin­nen­de de­tail en ge­pas­te struk­tu­re­le op­bou i­di­o­ma­ties ge­re­a­li­seer. Die S­cher­zo nr. 2 in b-mol, op. 31, is met ’n e­we­wig tus­sen in­ten­si­teit en vir­tu­o­si­teit, as­ook i­de­a­le stem­mings­kon­tras­te in die spel ver­we­sen­lik.

Met Liszt se Mephi­sto- wals het Ala­dashvi­li die be­skry­wen­de po­ten­si­aal van ’n fan­tas­ma­go­rie­se dui­wels­beeld in da­we­ren­de vir­tu­o­si­teit ver­we­sen­lik.

Met sy tref­se­ker­heid het hy daar­in ge­slaag om dié vin­ger­bre­ken­de stuk nie té ba­naal te laat klink nie, maar die ef­fek­te eer­der met harts­tog en ’n ma­te van diep­sin­nig­heid te be­reik.

Die toe­gif, Re­vaz La­gid­ze se Ron­do Toc­ca­ta, was sen­sa­si­o­neel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.