Pa se kos­ba­re ure by sy seun in die tronk

Beeld - - Kommentaar -

Al ooit ge­won­der hoe ’n mis­da­di­ger se ou­er moet voel? Ek het so ’n pa ge­ken, en toe bel ek hom een­dag. Aan­vank­lik was hy on­wil­lig om te praat. “Ek ver­trou nie­mand nie,” het hy bars ge­sê. “Ek gaan nie veel sê nie.”

Dit was ’n herfs­og­gend en ek het die op­roep som­mer van­uit my Bos­veld­tuin ge­maak, van on­der die pienk ge­waad van ’n ka­pok­boom.

Die sier­lik roos­kleu­ri­ge blom­me wat on­der my voe­te knars, was in skril­le kon­tras met die hart­seer woor­de wat uit ’n ge­bro­ke pa-hart ge­vloei het.

“Ek sal jou wel een ding ver­tel,” sê hy. “Ek is nie skaam vir my kind nie. Al trek men­se die slui­er van mis­daad oor ons he­le ge­sin, sal ek dit steeds teen die ber­ge uit­roep: ‘My kind is in die tronk, maar ek bly sy pa.’

“Ons kry drie be­soe­ke van ’n uur lank per maand. Daar­die uur is my kos­baar­ste be­sit­ting. Ek leef, droom, eet en slaap vir daar­die uur.

“Die dag as sy von­nis uit­ge­dien is, sal ek die een wees wat bui­te daar­die ver­dom­de tronk­hek­ke in die straat vir hom gaan staan en wag. Ek het hom, soos die He­re met sy kin­ders maak, my­ne ge­maak. Ek sal hom nie ver­werp nie. Ek het hom na die bes­te van my ver­moë groot­ge­maak. Maar die dag toe hy self kon kies, het hy ont­spoor, het sy kom­pas hom in die steek ge­laat.

“As ek voor hom gaan sit, druk ek my hand teen die ruit wat ons skei. Dan tel my seun sy hand op en druk dit teen my­ne.

“Dan lag ons, en ons huil, ons is vro­lik en ons er­vaar pyn. Dan smag ek na die jong seun wat ek, toe hy nog vei­lig on­der my dak was, teen my bors­vel kon vas­druk.

“Soos el­ke keer be­moe­dig ek hom. Ja, my kind, sê ek dan, laat die han­de wat die By­bel se ste­ne op­tel, die han­de wat jou in die mid­del van ’n koue, don­ker stads­plein ste­nig, jou maar ste­nig. Wat weet hul­le van ’n bit­ter be­ker wat ons tot op die bo­dem al­leen moet drink?

“Dié wat nie weet hoe om te ver­ge­we nie, dié wat oor­deel, het mos geen bal­sem te smeer nie. Laat hul­le maar toe­kyk met hul skyn­hei­li­ge oë, my kind.

“Hul­le ver­geet te mak­lik dat die wind wat van ag­ter af waai hul eie son­de soos bla­re sag­gies roer.

“Ja, my kind, dalk het die steen in die hol­te van hul hand mis­vormd ge­pas van al die ge­raam­tes wat skyn­se­dig weg­ge­steek lê in ’n kle­re­kas.

“Dalk was dit die woor­de wat in die grond ge­skryf staan: ‘Dié wat klip­pe op­tel, het met bloed ge­skryf oor sy eie naam . . .’ My seun, wat jy ge­doen het, is ver­keerd. En boet moet jy boet. Jy is nou ’n tronk­vo­ël. Maar ek bly jou pa. Ek het jou lief.”

Aan die an­der kant van die foon het dit stil ge­word. Voor my op die grond het ’n pienk blom­ta­pyt oor die groen gras­perk uit­ge­sprei ge­lê, en ’n an­der ge­sig het by my op­ge­kom: die ge­sig van Os­car Pis­to­ri­us se pa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.