Zu­ma gaan nie gou in die hof ver­skyn nie

Beeld - - Kommentaar -

Pres. Ja­cob Zu­ma het gis­ter sy pond vleis ge­kry van die hand­perd wat hy min­der as ’n jaar ge­le­de as die hoof van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) aan­ge­stel het.

Adv. S­haun A­bra­hams – wat in­der­tyd vol­gens die DA met on­be­hoor­li­ke haas aan­ge­stel is – het be­kend ge­maak dat die NVG gaan ap­pel­leer teen die hoog­ge­regs­hof se be­slis­sing wat daar­op neer­kom dat 783 aan­klag­te van kor­rup­sie weer teen Zu­ma in­ge­stel moet word.

Dit be­te­ken dat die pro­ses om Zu­ma in die hof voor stok te kry nog ’n jaar of twee ver­traag sal word. Dis te sê in­dien hy uit­ein­de­lik aan­ge­kla word.

A­bra­hams het met groot om­haal van woor­de die be­lang­rik­heid van die saak be­na­druk en ver­skeie re­des aan­ge­voer waar­om die NVG ap­pèl aan­te­ken.

Die saak ís ui­ters be­lang­rik, maar dit is nie so in­ge­wik­keld soos wat hy pro­beer voor­gee nie.

Die kern van die saak is dat Zu­ma weens jak­kals­draaie en ge­bre­ke in die reg­stel­sel al ja­re daar­in slaag om uit die hof te bly op aan­klag­te wat on­der meer spruit uit sy ver­hou­ding met sy vriend en die be­drie­ër S­cha­bir S­haik.

Dié aan­klag­te is in 2009 in ver­dag­te om­stan­dig­he­de deur adv. Mo­ko­te­di Mps­he, voor­ma­li­ge hoof van die NVG, laat vaar kort voor­dat Zu­ma staats­hoof ge­word het. Mps­he het dit ge­doen op grond van die spi­oe­na­sie­ban­de waar­in die voor­ma­li­ge S­ker­pi­oe­ne-baas Le­o­nard M­cCarthy die tyds­be­re­ke­ning van aan­klag­te teen Zu­ma be­spreek het.

Die uit­spraak van die DA se spi­oe­na­sie­ban­de­saak in die hoog­ge­regs­hof drie we­ke ge­le­de was dui­de­lik: Dié ge­kon­kel van M­cCarthy het nie die me­rie­te van die saak teen Zu­ma be­ïn­vloed nie.

Die vol­bank van die hoog­ge­regs­hof het een­pa­rig be­slis dat Mps­he se be­sluit ir­ra­si­o­neel was. Mps­he moes die hof laat be­sluit het oor die aan­klag­te.

Vir A­bra­hams kon dit ’n re­de­lik een­vou­di­ge en voor die hand lig­gen­de be­sluit ge­wees het as hy sy werk son­der vrees of voor­oor­deel doen, soos hy gis­ter her­haal­de­lik ge­sê het. Hy kon bloot die reg­ters se be­slis­sing aan­vaar en ’n hof oor die aan­klag­te laat be­sluit het.

Dit kon weer ver­troue in­ge­boe­sem het dat Zu­ma net so ge­lyk soos an­der, ge­wo­ne Suid-A­fri­ka­ners voor die reg is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.