Mo­sam­biek verg se­nu­wees van staal, baie ge­duld

Beeld - - Kommentaar - Mey­er van Rooy­en skryf:

Ek ver­wys na die brie­we deur Ger­rie van Wyk (“Boe­tes in Mo­sam­biek hou ons tuis”, Beeld, 23 Mei) en Pie­ter Gro­bler (“Bly weg uit Mo­sam­biek”, Beeld, 12 Mei).

Ons was die lang­na­week ein­de A­pril en be­gin Mei met va­kan­sie in Za­vo­ra.

Die stran­de en va­kan­sie­oor­de is prag­tig, en ek sou baie graag el­ke va­kan­sie soon­toe wou gaan.

Die pro­bleem is dat my vrou en die mees­te van my vrien­de wei­er om daar te gaan va­kan­sie hou as ge­volg van die in­ti­mi­da­sie deur die Mo­sam­biek­se po­li­sie.

Op dié reis is ons een keer voor Ma­pu­to, drie keer in Ma­pu­to en in el­ke dorp be­hal­we twee ná Za­vo­ra voor­ge­keer. Op pad te­rug het dit be­ter ge­gaan. Die ker­sie op die koek was eg­ter net voor die grens. Die ver­keers­man wou 4 000 me­ti­cal by my hê om­dat my do- ku­men­te kwan­suis ver­keerd was. Hy het my ook met die tronk ge­dreig. Dit het my har­de­gat laat raak en ek het hom met die Suid-A­fri­kaan­se kon­su­laat ge­dreig.

Toe hy sien dat ek be­gin bel, het hy my laat gaan.

Ek het hier­die va­kan­sie geen om­koop­geld be­taal nie.

Jy moet eg­ter ha­re op jou tan­de hê, se­nu­wees van staal en baie ge­duld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.