Net her­in­ne­rin­ge bly

Die ou­di­to­ri­um van die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg wat in ’n pe­trol­bom­aan­val ver­woes is, was ’n plek waar ve­le goeie her­in­ne­rin­ge ge­skep is. Na­ri­ke Lint­velt, ’n dog­ter van wy­le Al­bert Lint­velt, ar­gi­tek van die ou­di­to­ri­um, deel haar ont­hou en s­mart oor d

Beeld - - Middelblad -

Op Maan­dag­og­gend 16 Mei skuif ek ou­der­ge­woon­te by die werk voor my les­se­naar in met ’n kop­pie kof­fie om na die nuus­hoof­trek­ke te kyk voor­dat ek met die dag se ta­ke be­gin.

’n Op­skrif trek da­de­lik my aan­dag: ’n Ge­bou by die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg (UJ) het af­ge­brand.

Goed ver­troud met die ont­werp van die kam­pus – ’n heg­te per­de­skoen­for­ma­sie – dog ek dit moet ’n la­ter toe­ge­voeg­de bui­te­ge­bou wees.

Ek klik deur na die sto­rie om met on­ge­loof te lees dat die San­lam-ou­di­to­ri­um in die vroeë og­gend­u­re uit­ge­brand het, ver­moe­de­lik ver­oor­saak weens ’n pe­trol­bom.

My kof­fie word koud ter­wyl ek die nuus pro­beer staaf deur an­der bron­ne. Op T­wit­ter is daar ’n huts­merk: #UJFi­re, wat reeds ’n paar dui­send twiets het. En daar is fo­to’s: grei­ne­rig en son­der veel de­tail, waar­op ek niks kan ei­en van die ruim­te wat vir my van jongs af so be­kend was nie.

Ek voel naar van skok. En hart­seer. Ek skryf op Fa­ce­book:

My pa, Al­bert Lint­velt, as ven­noot by Jan van Wi­jk en Ven­no­te, was die ar­gi­tek van die San­la­mou­di­to­ri­um. Nou is nog ’n stuk van my pa weg . . .

My broer, ’n neef, twee nig­gies en my sus­ter is die eer­stes wat re­a­geer.

Elk­een spreek die­self­de skok en on­ge­loof uit; my sus­ter, wat al lan­ger as 20 jaar in Ka­na­da woon, is hart­seer en kwaad.

Deur die loop van die dag hou ek die nuus en T­wit­ter dop. Dis ’n “tren­ding” on­der­werp en die twiets kom in hul dui­sen­de: stu­den­te wat die sin­ne­lo­se ge­weld ver­oor­deel, an­der wat hul her­in­ne­rin­ge aan die San­lam-ou­di­to­ri­um deel, hon­der­de wat die spe­si­a­le oom­blik van hul gra­de­pleg­tig­heid daar ont­hou.

My nig­gie T­he­re­sa in Aus­tra­lië en my neef François in Jo­han­nes­burg het ook al­bei trots daar graad ge­vang – in “Oom Al­bert se ou­di­to­ri­um”. Van­jaar se win­ter­gra­de­pleg­tig­heid sou in Ju­nie daar plaas­vind, en ve­le stu­den­te spreek hul­le uit oor die on­reg daar­van om be­roof te word van dié er­va­ring:

Die ra­di­o­per­soon­lik­heid Re­di Tl­ha­bi twiet: “San­lam Au­di­to­ri­um, stood on that sta­ge ma­ny ti­mes . . . gra­du­a­ti­on, and e­ven mo­re spe­ci­al, mo­ti­va­ti­o­nal talks to stu­dents.”

Daar is la­ter nog fo­to’s wat die on­her­stel­ba­re ska­de aan­dui en ’n be­ra­ming van ’n ver­lies van R100 mil­joen, in­slui­tend die stu­den­te­fi­nan­sie­sen­trum en re­ke­naar­la­bo­ra­to­ri­ums wat ook in die kom­pleks was. Maar dis net die ska­de in ran­de. “Ek kan dit nie glo nie. Dis as­of ons hom van voor af ver­loor. Hy het sy hart en siel daar­in ge­stort, nou lê dit in as en puin,” skryf my sus­ter T­ha­na op Fa­ce­book.

Ons het my pa 12 jaar ge­le­de “ver­loor”, ook op ’n skok­ken­de, sin­lo­se en ge­weld­da­di­ge wy­se, toe sy tui­nier hom in sy ge­lief­de kot­huis op Red Hill in Si­mon­stad ver­moor en sy mo­tor ge­steel het. Dit het ja­re ge­duur om die trau­ma – in­slui­tend die dra­len­de hof­saak – te ver­werk. As kin­ders het ons min be­sef ge­had van die om­vang en e­nor­mi­teit van die baan­bre­ken­de (des­tyd­se) RAU­pro­jek. Ek was so ses jaar oud en het pas be­gin skool­gaan toe die fir­ma met die pro­jek be­gin het.

Pap­pa se werk­kan­toor was ’n fas­si­ne­ren­de, ma­gie­se plek om te gaan kui­er, met won­der­li­ke goed soos pas­sers en te­ken­bor­de, skaal­li­ni­a­le, vloer­plan­ne vas­ge­druk teen kurk- bor­de met rooi­kop­spel­de, die reuk van pa­pier en Bos­tik en pot­lood­saag­sels.

My guns­te­ling­goed was die Le­tra­set-kleeflet­ter­tjies wat ’n mens met ’n pot­lood van die was­ag­ti­ge pa­pier af­ge­krap het, en die ar­gi­teks­mo­del­le­tjies met reg­te tak­kies om bo­me voor te stel.

Sky­fie-aan­de was al­tyd vir ons kin­ders ’n groot tre­at – die pro­jek­tor is op­ge­stel, die lig­te af­ge­ska­kel, en daar teen die muur was ons: as ba­bas, op see­va­kan­sies, haas­bek­kies op die eer­ste skool­dag.

Dan volg die reis­sky­fies: my pa en ma oor­see; sy in styl­vol­le 70’suit­rus­tings en hy ag­ter die ka­me­ra: Gau­dí-ge­boue in S­pan­je; ’n klip­am­fi­te­a­ter in G­rie­ke­land; his­to­rie­se ge­boue in Ro­me.

En daar­na die sky­fies van die San­lam-ou­di­to­ri­um en Her­ma­nus se ou ha­we, soos ’n na­tuur­li­ke am­fi­te­a­ter met sy sag­te hel­ling en or­ga­nie­se vorms – die in­spi­ra­sie vir Dad­da se ont­werp van die ou­di­to­ri­um.

Her­ma­nus het vir hom baie spe­si­a­le her­in­ne­rin­ge uit sy kin­der­ja­re in­ge­hou, en dit is ook daar, ’n jaar ná sy dood, dat ons sy as in die see by K­waai­wa­ter ge­strooi het.

Ná sy af­tre­de word my pa lek­tor in ar­gi­tek­tuur en bou­kun­de aan die Kaap­se S­kier­ei­land-U­ni­ver­si­teit van Teg­no­lo­gie (KPUT), waar dit la­ter vir hom ’n groot ple­sier en voor­reg is om saam met my nig­gie Jo­lan­da de Vil­liers-Mor­kel in die­self­de de­par­te­ment te werk.

Die Maan­dag­aand skryf sy in hul Fa­ce­book-groep aan haar stu­den­te:

“Ek moet van­aand my hart­seer met jul­le deel.

“UJ se ou­di­to­ri­um is gis­ter­aand tot as ver­brand. My oor­le­de oom, Al­bert Lint­velt, het die ont­werp in die vroeë 1970’s ge­kon­sep­tu­a­li­seer.

“As ’n kuns­te­naar in eie reg – skry­wer, san­ger en pi­a­nis – het hy die ruim­te ge­skep, ge­ïn­spi­reer deur Her­ma­nus se Ou Ha­we en vol­gens goed na­ge­vors­te a­koes­tie­se be­gin­sels.

“Dit was be­doel as ’n ruim­te waar die ver­hoog die kuns­te­naars in noue kon­tak kon bring met die ge­hoor; waar ak­ti­wi­tei­te op die po­di­um oor­een­kom met vis­sers­bo­te wat die dag se vangs af­laai en nuus­kie­ri­ges en han­de­laars by­een­kom om han­del te dryf en sto­ries uit te ruil.

“Dit is ont­werp as ’n so­si­a­le en in­tie­me ruim­te, ’n weg­breek van die tra­di­si­o­ne­le li­ni­ê­re ou­di­to­ri­um­ti­po­lo­gie.” Deur men­se se ver­tel­lings op ver­skeie so­si­a­le­me­di­a­plat­forms is ek weer her­in­ner aan die e­nor­me mag van goeie ont­werp. So­veel men­se se le­we is aan­ge­raak deur hier­die dra­ma­tie­se ruim­te: van stu­den­te wie se gra­de­pleg­tig­he­de daar ge­hou is tot kol­le­gas wat mu­siek- en to­neel­uit­voe­rings daar by­ge­woon het.

“Her­in­ne­rin­ge is ge­skep. Hoe sou Al­bert daar­van ge­hou het om hier­die sto­ries te hoor!

“Ek’s net bly hy’s nie van­dag hier om die ver­woes­ting te aan­skou nie.”

Tal­le oud­stu­den­te re­a­geer daar­op. Hul­le ont­hou ook die sky­fies, en Al­bert se di­na­mie­se le­sing oor die ont­werp­pro­ses.

Die San­lam-ou­di­to­ri­um was meer as net ’n ge­bou of saal. Dit was meer as aards­goed.

Dit was ’n harts­plek. En die her­in­ne­rin­ge leef voort . . .

Die San­lam­ou­di­to­ri­um na­dat dit pas ont­hul is. Die bob­bels teen die mu­re was ’n a­koes­tie­se e­le­ment eer­der as de­kor.

Al­bert Lint­velt: ar­gi­tek, skry­wer en mu­si­kant, 16 A­pril 1940 – 21 Maart 2004.

Na­ri­ke Lint­velt is ’n ko­pie­re­dak­teur en die oud­ste dog­ter van wy­le Al­bert Lint­velt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.