Is die mens ba­sies goed of kwaad?

Beeld - - Middelblad - E­rik Holm

Die ant­woord op hier­die vraag is glad nie, soos die A­me­ri­kaan­se grond­wet be­weer, self-e­vi­dent nie. Dis ook nie ’n vraag van bloot a­ka­de­mie­se be­lang nie: Die ant­woord het ver­rei­ken­de ge­vol­ge vir op­voe­ding, die straf­reg en maat­skap­lik-po­li­tie­ke wet­ge­wing.

Die kwes­sie van goed en kwaad is na­tuur­lik net op men­se van toe­pas­sing. Die­re, al doen hul­le ook wát, kan nie kwaad doen nie en het in die al­ge­meen geen keu­se oor hul ge­drag nie. By ons het die on­der­skeid eers op­ge­kom met die ver­moë van wils­be­slui­te wat ons in­stink­te kan te­ë­gaan. Die sim­bo­lie­se eet van die vrug van “ken­nis van goed en kwaad”.

Vol­gens die Jood­se Ou Te­sta­men­tie­se sie­ning het die ken­nis ook van­self boos­heid en erf­son­dig­heid mee­ge­bring, en is ons van toe af boos en son­dig ge­bo­re. ’n Mens sien dat die Chris­te­li­ke dog­ma twee sie­nings toe­laat: ’n pas­ge­bo­re ba­ba kom van­uit ’n pa­ra­dys­oor­sprong en is dus net goed of kom al klaar as erf­son­di­ge boos­wig hier aan.

Die min be­trou­ba­re in­lig­ting wat ons het oor kin­ders wat in die wil­de na­tuur deur die­re groot­ge­maak is, werp ook nie veel lig nie.

Son­der ont­wik­ke­ling van die taal­sen­trum van die brein, is sul­ke Kas­par Hau­ser-kin­ders on­in­ter­pre­teer­baar. Hul­le boots ge­woon­lik net die ge­drag van hul “pleeg­ou­er”-die­re na en het geen be­grip vir so­si­a­le wel­wil­lend­heid (wat ons “goed” noem), maar ook geen aan­leg vir so­si­a­le boos­heid nie. Hul­le ver­staan let­ter­lik nie “goed” en “kwaad” nie.

In die Chris­te­li­ke tra­di­sie is daar ver­skeie ba­kens vir wat “goed” is. Eer­stens die tien ge­booie. Die eer­ste vier gaan oor gods­diens­tig­heid, die laas­te ses oor op­tre­de te­noor die me­de­mens. T­wee­dens is daar Chris­tus se twee ge­booie, wat die­self­de twee as­pek­te kern­ag­tig aan­spreek. Der­dens is daar die tra­di­si­o­ne­le se­we “dood­son­des” van die Chris­te­li­ke Mid­del­eeue, min of meer die ei­en­skap­pe wat jou teen die ge­booie sal laat ver­gryp: woe­de (moe­nie dood­maak); wel­lus (moe­nie o­wer­spel pleeg); gie­rig­heid (moe­nie steel); heb­sug (moe­nie jou naas­te se goed be­geer); ver­waand­heid (teen­oor re­spek vir God, en ma en pa).

Uit die oog­punt van oor­le­wing is die re­ëls vir “goeie” ge­drag ka­ta­stro­faal. Dit lees soos ’n re­sep vir e­vo­lu­si­o­nê­re uit­ster­wing. Die “goeie” in ons de­fi­ni­sie is nie net on­na­tuur­lik nie, maar lyn­reg an­ti-na­tuur­lik. As dit die “goeie” was in oer­tye, sou ons be­slis nie oor­leef het nie. Die eer­ste Ho­mo sa­piens was dan ook blyk­baar ui­ters self­sug­ti­ge ver­nie­ti­gers van al­les om hul­le: An­der mens­spe­sies en dier­spe­sies het soos do­mi­no’s ge­val so­ver hul­le ge­gaan het. “Goeie” ge­drag het eers laat in ons e­vo­lu­sie by­ge­kom – re­spek en lief­de vir God se na­tuur en me­de­men­se is nie ’n oer­in­stink nie, dit moet be­slis aan­ge­leer word.

Die i­dee van die no­ble sa­va­ge – die goed­heid in die on­be­skaaf­de en on­op­ge­voe­de na­tuur­mens – is ’n mal i­dee van Rousseau, saam met die ewe mal i­dee dat al­mal i­den­ties ge­bo­re word. Via die A­me­ri­ka­ners en hul ab­sur­de C­har­ter of Hu­man Rig­hts het hier­die i­dee ge­lei tot die ka­ta­stro­fa­le an­ti-ou­to­ri­tê­re op­voe­dings­mo­del van Dr. S­pock en om­ge­wings­uit­bui­ten­de ge­peu­pel­re­ge­rings wê­reld­wyd.

Goed­heid moet ge­leer word. Boos­heid kom blyk­baar van self.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.