Goeie Nuus

Ge­loof is God­ge­fo­kus

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

“Dis nie al­dag mak­lik om te glo nie,” sê ie­mand. Ja, dit ge­beur nie van­self nie, an­ders sou al­mal ge­glo het. Baie men­se se “ge­loof” is in elk ge­val ook net si­tu­a­sie­ge­bon­de. As dit goed gaan met hul­le, glo hul­le. As dit sleg gaan, ver­damp hul ge­loof.

In sy ge­ly­ke­nis van die saad wat op ver­skil­len­de plek­ke be­land in Mar­kus 4 het Je­sus ge­waar­sku dit sal ge­beur.

Nooit het Hy ge­sê die le­we gaan dit vir ons mak­lik maak om in God te glo nie. Daar’s net te veel ver­soe­kings en moei­lik­he­de hier op aar­de. Daag­lik­se re­a­li­tei­te ver­tel baie an­der sto­ries van wan­hoop, gie­rig­heid en ge­weld.

Die e­nig­ste groei­grond vir ge­loof is God se soort grond. Net daar groei ge­loof.

Daar­die ge­loof, wat die Gees van God in ons har­te werk, is ge­lyk aan ’n vas­te ver­troue op God. Daar­die ge­loof is nooit si­tu­a­sie­ge­bon­de nie, want dis God-aan­ge­dre­we en God-ge­fo­kus! Glo as­se­blief ook so!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.