Dié span ver­de­dig soos Bul­le

Groot uit­da­ging wag teen Leeus

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Dit is aan­ge­naam wan­neer s­ta­tis­tie­ke jou vlei, maar dit is be­sten­dig­heid wat tel, sê Pi­ne Pie­naar, ver­de­di­gings­af­rig­ter van die Bul­le.

Rots­vas­te ver­de­di­ging is die sei­soen een van die Bul­le se uit­staan­de ken­mer­ke in die Su­per­rug­by-reeks.

Dít en goeie vas­te fa­set­te het Sa­ter­dag­aand op Lof­tus Vers­feld ’n be­pa­len­de rol ge­speel in die Lig­blou­es se se­ge oor die S­tor­mers.

Die s­ta­tis­tie­ke dui aan daar is min span­ne wat van­jaar soos die Bul­le wal­gooi.

A­dri­aan S­trauss-hul­le ver­brou die min­ste duik­slae en spog met ’n in­druk­wek­ken­de suk­ses­per­sen­ta­sie van 88,8%.

Hul­le laat voorts die min­ste teen­stan­ders per wed­stryd deur hul ver­de­di­gings­li­nie.

Die Bul­le het 25 drieë in 11 wed­stry­de af­ge­staan.

Net drie span­ne – die S­tor­mers (19), die Haaie en die High­lan­ders (al­bei 20) – pronk bo hul­le op dié lys.

Pie­naar sê die uit­da­ging is om el­ke na­week só te ver­de­dig.

“S­ta­tis­tie­ke is goed en wel, maar as jy in een wed­stryd laat slap­lê en jy staan ses drieë af, is dit daar­mee heen.

“Al­le eer aan die spe­lers. Hul­le het Sa­ter­dag met ’n groot po­ging vo­ren­dag ge­kom.

“Jou plan kan hoe goed wees, maar as die spe­lers se in­ge­steld­heid en toe­wy­ding nie daar is nie, help dit nie veel nie.”

Die kan­nie­dood-flank Lap­pies La­bu­schag­né het Sa­ter­dag 23 duik­slae uit­ge­voer – die mees­te deur e­ni­ge spe­ler in die 12de ron­de.

Die jon­ge­lin­ge RG Sny­man en Jan­nes Kir­sten was nie ver ag­ter nie met 16 duik­slae elk.

Pie­naar sê daar is die sei­soen een of twee an­der fo­kus­pun­te by Lof­tus.

“Jy hou nooit op leer in rug­by nie. Ons het by­voor­beeld ’n moei­li­ke toer (in Aus­tra­lië) ge­had en dit is be­lang­rik dat jy in die pro­ses uit jou fou­te leer en ver­be­ter.

“Daar is van­jaar ’n ge­son­de meng­sel van jeug en er­va­ring en die spe­lers se toe­wy­ding en werk­ver­rig­ting kan nie be­vraag­te­ken word nie.”

Die ko­men­de Sa­ter­dag se af­spraak met die Leeus op Lof­tus sal ’n an­der af­fê­re wees, be­na­druk Pie­naar.

“Die Leeus is die plaas­li­ke span wat op die aan­val die naas­te aan ’n Nieu-See­land­se span is.

“Hul­le het puik in­di­vi­due wat goeie be­slui­te neem en met groot self­ver­troue waag op die aan­val.

“Ons het goed ver­de­dig teen die S­tor­mers, maar daar was steeds as­pek­te waar­mee ek nie heel­te­mal te­vre­de was nie.

“Die Leeus is ’n span wat dit sal uit­buit en dit sal deeg­li­ke voor­be­rei­ding én goeie uit­voe­ring verg om hul­le te klop,” sê Pie­naar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.