Po­well wag eers op Coet­zee

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Kaap­stad. – Die B­lits­bok­ke kan ’n paar waar­de­vol­le les­se leer uit hul hart­ver­skeu­ren­de ne­der­laag in die eind­stryd van die Lon­den-se­westoer­nooi, sê hul af­rig­ter, Neil Po­well.

Suid-A­fri­ka se se­we­strots moes Son­dag ’n bit­ter pil sluk toe hul­le ná ’n uit­mun­ten­de half­eind­se­ge oor Fidji in die ti­tel­stryd deur die on­be­son­ge S­kot­land na die kroon ge­steek is. Die S­kot­te was met ’n punt baas na­dat Dou­gie Fi­fe twee drieë in die laas­te mi­nuut ge­druk het.

“Ons het din­ge weer vir ons­self moei­lik ge­maak – nie net in die eind­stryd nie, maar ook in ons vo­ri­ge wed­stry­de,” het Po­well ge­sê.

“Die fou­te wat ons be­gaan het, het ver­oor­saak dat ons nie die wed­stry­de kon dik­teer nie.

“Maar sul­ke si­tu­a­sies sal op lang ter­myn baie vir ons werd wees. As ons ons­self weer in ’n si­tu­a­sie be­vind waar ons ’n voor­sprong in die laas­te mi­nuut moet ver­de­dig, sal ons dit be­ter han­teer.

“Daar is be­slis nog baie din­ge waar­aan ons moet werk. Ons is ver van ’n vol­maak­te span af.”

Die B­lits­bok­ke se vol­gen­de uit­da­ging is ’n se­westoer­nooi in Ro­me op 10 en 11 Ju­nie.

Po­well sal op 15 Ju­nie ’n oe­fen­groep be­kend maak met die oog op van­jaar se O­lim­pie­se S­pe­le in Au­gus­tus in Rio de Ja­nei­ro.

Po­well sal reeds hier­die na­week dui­de­lik­heid hê oor wat­ter spe­lers be­skik­baar sal wees vir daar­die groep.

Al­lis­ter Coet­zee, S­pring­bok-af­rig­ter, kies Sa­ter­dag­aand sy groep vir vol­gen­de maand se toets­reeks teen Ier­land en ’n paar van die spe­lers wat Po­well vir se­wes­rug­by ge­oor­merk het, kan deur Coet­zee af­ge­rok­kel word.

Po­well wil graag die S­tor­mers-spe­lers Ju­an de Jongh en C­heslin Kol­be saam­neem na die Rio-skou­spel, maar al­bei is aan­spraak­ma­kers op ’n plek in Coet­zee se Bok-groep.

Dié twee het sleu­tel­rol­le vir die B­lits­bok­ke ge­speel toe hul­le in De­sem­ber die Wê­reld­reeks se Kaap­stad-toer­nooi ge­wen het.

Die ge­kon­trak­teer­de B­lits­bok Fran­cois Hou­gaard is ook ’n sterk kan­di­daat vir Coet­zee se groep.

Die skrum­ska­kel is ver­le­de week in die En­gel­se P­re­mier­liga se droom­span in­ge­sluit, na­dat hy ’n leen­spe­ler vir die Wor­ces­ter War­ri­ors was. Hy sal hom ná die O­lim­pie­se S­pe­le per­ma­nent by die En­gel­se klub aan­sluit.

Die Bok­ke het ’n te­kort aan er­va­re skrum­ska­kels, met Hou­gaard en Ru­an Pie­naar die e­nig­ste ge­sou­te spe­lers wat oor is na­dat Fou­rie du P­reez sy rug­by­ste­wels op­ge­hang het.

Maar Hou­gaard het in sy te­rug­keer vir die B­lit­se in Pa­rys en Lon­den ge­wys hy kan ’n in­vloed­ry­ke rol in Bra­si­lië speel.

Die er­va­re Rayno Ben­ja­min kan ook nog sy te­rug­keer na die B­lits­bok-span maak. Ben­ja­min het ’n deur­slag­ge­wen­de rol vir die B­lit­se ge­speel toe die span in die Moe­der­stad suk­ses be­haal het.

’n Kuit­be­se­ring het sy sei­soen om­ver­ge­werp en die se­wes-ve­te­raan kon nog nie hier­die sei­soen Su­per­rug­by vir die C­hee­tahs speel nie.

Be­se­rings het Po­well van­jaar al ’n he­le paar kop­se­re ge­gee.

Werner Kok, die Wê­reld­reeks se bes­te spe­ler in die 2014-’15-sei­soen, het dié sei­soen ver­skeie toer­nooie mis­ge­loop.

Die B­lits-ve­te­raan Fran­kie Hor­ne het nog nie van­jaar ge­speel nie, ter­wyl die ta­lent­vol­le Blou Bul-heel­ag­ter War­rick Ge­lant weens ’n ge­breek­te ka­ke­been nie by Po­well se plan­ne be­trek kon word nie.

Dié drie sal wel hul kans kry wan­neer Po­well ’n groep van 12 kies vir die uit­no­di­gings­toer­nooi in Ro­me.

Fo­to: NASIEF MANIE

Die B­lits­bok C­heslin Kol­be is een van die spe­lers wat dalk van­jaar eer­der in S­pring­bok­toet­se as op die O­lim­pie­se S­pe­le in ak­sie sal wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.