‘Lood moet ook Bok­plek kry’

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Bloem­fon­tein. – Die S­tor­mers se slot-kom­bi­na­sie, Pie­terS­te­ph du Toit en E­ben Et­ze­beth, be­hoort vir die S­pring­bok­ke in die toets­reeks teen Ier­land te speel.

Maar die C­hee­tahs se SA Rug­by­spe­ler van 2015, Lood de Ja­ger, moet ook die Bok-trui dra in dié toet­se.

Dís die me­ning van voor­ma­li­ge Bok-slot­te wat ge­pols is oor die voor­ste kan­di­da­te vir die Groen en Goud se nr. 4- en nr. 5-truie.

Die C­hee­tahs en die S­tor­mers pak me­kaar Sa­ter­dag op Nu­we­land en die drie spe­lers on­der be­spre­king sal daar fel in die kol­lig wees.

Die voor­ma­li­ge S­pring­bok­slot Hen­nie Bek­ker, wat vir die Vry­staat en die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie ge­speel het, sê hy glo dis be­lang­rik om ge­ves­tig­de kom­bi­na­sies in toet­se te ge­bruik.

“Pie­ter-S­te­ph en E­ben speel goed saam en hul­le moet be­gin vir die Bok­ke. Ek sal vir Lood op die bank kies, want hy is veel­sy­dig. Sy peil is nie so goed soos ver­le­de jaar nie, hoe­wel dit be­sig is om te ver­be­ter.

“Dan moet ons ook nie ver­geet van die deug­de van ’n spe­ler soos RG Sny­man van die Bul­le nie. Hy het die na­week teen die S­tor­mers baie goed ge­speel. Die Leeus se Fran­co Mos­tert be­ïn­druk my ook.”

Nog ’n voor­ma­li­ge Bok-slot, Mark Andrews, sê hy sou Du Toit en De Ja­ger vir die be­gin­span kies.

“Ek sal Pie­ter-S­te­ph as nr. 4-slot kies en Lood die nr. 5-trui gee. Ons moet nog sien of Et­ze­beth al 100% fiks is.

“Ge­meet aan hul ver­to­nings móét jy Pie­ter-S­te­ph kies, ter- wyl Lood se ver­de­di­ging ’n groot plus­punt is,” het Andrews ge­sê.

Die voor­ma­li­ge S­pring­bok­kap­tein en -slot Jo­hann Mul­ler is in die­self­de kam­pie as Bek­ker: hy wil Du Toit en Et­ze­beth saam sien be­gin, om­dat hul­le me­kaar goed aan­vul. Maar hy sê Mos­tert speel die bes­te van al­mal in die Su­per­reeks.

Ko­bus Wie­se, lid van 1995 se S­pring­bok-span wat die Wê­reld­be­ker ge­wen het, glo ook die S­tor­mers-kom­bi­na­sie moet van meet af aan teen die Ie­re los­ge­laat word.

“Maar ons weet wat ’n fik­se De Ja­ger kan doen.

“Net so ver­dien Mos­tert om in die groep te wees, want hy speel deur­lo­pend goed. Sny­man klop ook baie hard aan die deur en sal ver­se­ker die Groen en Goud dra,” sê Wie­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.