Cas­ter, El­roy glim­lag ná Son­dag­vuur­werk

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Jo­han­nes­burg. – Hy het ’n goeie wed­loop ge­hard­loop, goed ge­voel en die laas­te 1 000 me­ter sterk ge­ëin­dig.

Dit is net jam­mer die baan was baie nat, het El­roy Ge­lant uit Hen­ge­lo, Ne­der­land, laat weet, waar hy Son­dag­aand ’n Suid-A­fri­kaan­se re­kord van 13:04.88 in die 5 000 m vir mans op­ge­stel het.

Ge­lant, wat S­te­phen Mo­ko­ka se vo­ri­ge re­kord (13:11.44) met so­wat se­we se­kon­des oor­tref het, sê die Ca­pe To­wn 12-wed­loop waar­in hy ’n week vroe­ër der­de was, het sy self­ver­troue ’n hup­stoot ge­gee.

Hy en Mo­ko­ka het in daar­die wed­loop saam­ge­werk om die Ke­ni­aan­se aan­slag af te weer.

Cas­ter Se­me­nya, ’n oe­fen­maat van Ge­lant, het in Ra­bat, Ma­rok­ko, by ’n Di­a­mant­li­ga­by­een­koms ’n puik tyd van 1:56.64 in die 800 m ge­hard­loop en het ge­sê hul oe­fen­groep gee in ses­sies baie aan­dag aan tak­tiek in vin­ni­ge wed­lo­pe.

“In dié wed­loop het ek die vrug­te hier­van ge­pluk,” het sy ná die wed­loop aan die IAAF se web­werf ge­sê.

“Om puik teen­stan­ders soos dié te klop, sal my baie self­ver­troue gee. Daar lê nog har­de werk voor en daar is meer wat kom,” het die voor­ma­li­ge O­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je­wen­ner en wê­reld­kam­pi­oen, ge­sê.

Se­me­nya en Ge­lant word al­bei in Pot­chef­stroom deur die oud-S­pring­bok Je­an Ver­ster af­ge­rig.

Die ver­sprin­ger Rushwal Sa­maai, wat sy bes­te af­stand van 8.38 m ge­ë­we­naar en ge­wen het, het ge­sê dit was sy bes­te kom­pe­ti­sie nóg.

“Dit was on­ge­loof­lik,” het dié SA kam­pi­oen van die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg ge­sê. “Die be­lang­rik­ste is dat ek kon­stant goed moet spring om­dat die vlak van me­de­din­ging hoog is,” het Sa­maai ge­sê.

Hy is van­jaar los­han­de die bes­te Suid-A­fri­kaan­se ver­sprin­ger, en spring ge­reeld oor 8 m.

Die 400-hek­kies­at­leet Wen­da Nel, wat der­de was in 54.88, het ge­sê sy het “heel lek­ker ge­hard­loop, maar dit was ’n bie­tjie win­de­rig”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.