Bok­kap­tein móét in SA woon

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell Laag­vat

Die voor­ma­li­ge S­pring­bok­af­rig­ter Ja­ke W­hi­te se me­ning dat Suid-A­fri­kaan­se spe­lers oor­see nie vir die na­si­o­na­le rug­by­span oor­weeg be­hoort te word nie, het my on­mid­del­lik laat won­der oor die S­pring­bok-kap­tein­skap van­jaar.

Al­lis­ter Coet­zee, die nu­we Bok-brei­er, het geen twy­fel ge­laat nie dat hy spe­lers van oor­see sal kies. Hy is selfs be­reid om toe te laat dat die kap­tein ’n spe­ler ver­bon­de aan ’n oor­se­se klub is.

In so ’n ge­val sal Du­a­ne Ver­meu­len waar­skyn­lik die sterk­ste kan­di­daat wees. Hy is ’n agt­ste­man van wê­reld­ge­hal­te en was Coet­zee se kap­tein by die S­tor­mers.

Die vraag is eg­ter hoe reg­ver­dig dít sal wees. War­ren W­hi­te­ley het hom as ’n skit­te­ren­de agt­ste­man en kap­tein van die Leeus ge­ves­tig.

Die feit dat die Leeus soos Suid-A­fri­ka se voor­ste Su­per­rug­by-span lyk, be­hoort die 28ja­ri­ge W­hi­te­ley se kan­se te ver­sterk – nie bloot om as agt­ste­man vir die Bok­ke te be­gin in aan­staan­de maand se reeks teen Ier­land nie, maar ook om voor te draf.

Die e­nig­ste kwel­vraag is of W­hi­te­ley hom op hier­die vlak as spe­ler (en kap­tein) sal kan hand­haaf.

Daar is net een ma­nier om uit te vind.

Coet­zee hoef nie uit die staan­spoor ’n lang­ter­myn-aan- stel­ling te maak nie. Nie­te­min ver­wag ek dat hy re­de­lik kon­ser­wa­tief met sy span­keu­ses sal wees.

Die­ge­ne wat meen die Bok­ke be­hoort Ier­land te e­ni­ge tyd en op e­ni­ge plek te klop, leef in ’n waan. Ier­land het vier van sy laas­te ses toet­se teen die Bok­ke ge­wen.

Suid-A­fri­ka se wen­per­sen­ta­sie in toet­se se­dert 1891 is 63,5% – nou nie juis die stoom­rol­ler wat sy on­der­steu­ners ge­re­de­lik glo hy is nie.

Dit sal my dus nie ver­baas as Coet­zee ’n span kies son­der om span­bou vir 2019 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi in ge­dag­te te hou nie.

Dalk re­de­neer hy die bes­te ma­nier om te bou, is om die vol­gen­de toets te wen.

Ver­meu­len word in Ju­lie 30 jaar oud en Fran­cois Louw en A­dri­aan S­trauss vier al­bei van­jaar hul 31ste ver­jaar­dae.

Bok-kap­teins in 2019 se WB­toer­nooi? Dis te be­twy­fel.

Ju­an de Jongh sal in Ju­nie dalk by die B­lits­bok­ke wees, wat hom uit die prent­jie sal haal as kan­di­daat.

Ter­self­der­tyd is dit waar­skyn­lik Li­o­nel Ma­poe, nie De Jongh of Jes­se K­riel nie, wat hom daar­op kan roem dat hy op spel­peil Suid-A­fri­ka se voor­ste bui­te­sen­ter is.

Dit daar ge­laat, het ek ge­meng­de ge­voe­lens oor die kies van spe­lers by oor­se­se klubs. Ter­wyl ek nie ten guns­te daar­van is nie, sal die Bok­ke noe­mens­waar­dig ver­swak wees son­der daar­die ver­gun­ning in ’n tyd waar din­ge be­roerd lyk in ter­me van die wis­sel­koers.

Moont­lik kan Suid-A­fri­ka ’n be­na­de­ring volg waar spe­lers van oor­see ge­kies sal word as hul­le al ’n se­ke­re hoe­veel­heid toet­se vir die Bok­ke ge­speel het. Die al­ter­na­tief is hul­le moet ’n se­ke­re hoe­veel­heid sei­soe­ne op se­ni­or vlak in Suid-A­fri­ka ge­speel het.

Hoe dit ook al sy, ek is on­der al­le om­stan­dig­he­de daar­teen ge­kant om ’n spe­ler van oor­see die Bok-kap­tein te maak. ’n Bok-kap­tein het ook ’n am­bas­sa­deurs­rol in die sa­me­le­wing.

As dit dus daar­op neer­kom dat Coet­zee Ver­meu­len tot el­ke prys wil hê, moet die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) pro­beer om hom uit sy kon­trak by Tou­lon te koop, eer­der as om die ver­gun­ning ra­ken­de oor­se­se spe­lers só ver te laat strek.

Waar gaan dit ein­dig as die S­pring­bok-kap­tein in die sui­de van Frank­ryk woon?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.