Bos­man hét ’n plan, is lus vir Com­ra­des

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Jo­han­nes­burg. – Charné Bos­man, naas­wen­ner in ver­le­de jaar se Com­ra­des-ma­ra­thon, sê sy wil Son­dag meer me­de­din­gend in die wed­loop wees.

Ca­ro­li­ne W­öst­mann het ver­le­de jaar so­wat 20 mi­nu­te voor Bos­man in Pie­ter­ma­ritz­burg oor die eind­streep ge­hard­loop.

“Ek het gis­ter (Son­dag) weer na ’n op­na­me van ver­le­de jaar se wed­loop ge­kyk en toe be­sef ek kon veel vin­ni­ger ge­hard­loop het.

“Ek het Lind­sey (Par­ry, haar af­rig­ter) ge­vra om vir my ’n wed­loop­plan uit te werk wat meer me­de­din­gend is,” het die Ned­bank-at­leet ge­sê.

“Ek wil dié keer aan die ein­de van die wed­loop weet ek het ál­les ge­gee. Ver­le­de jaar het ek nog baie in my oor­ge­had,” het Bos­man ge­sê.

“Ek glo ek kon ver­le­de jaar tien tot 12 mi­nu­te vin­ni­ger ge­hard­loop het.”

Son­dag se 91ste Com­ra­des word van Pie­ter­ma­ritz­burg af Dur­ban toe ge­hard­loop.

Par­ry, wat ook W­öst­mann (KPMG) af­rig, het haar wed­loop­plan gis­ter vir haar ge­gee, en sy sou dit dié aand haar­fyn be­stu­deer het.

“Ek het nou se­ke­re tye wat ek op se­ke­re plek­ke moet wees en ek sal daar­vol­gens hard­loop.

“Ek wens net die wed­loop wil nou aan­breek, want ek hou niks van dié ge­wag nie,” het sy by­ge­voeg.

Bos­man het van­jaar drie we­ke lank ’n oe­fen­kamp by Gras­kop in M­pu­ma­lan­ga by­ge­woon. Ver­le­de jaar was sy net tien dae daar.

“Ek gaan my eie wed­loop hard­loop en net fo­kus op my wed­loop­plan,” het die 40-ja­ri­ge Bos­man, ’n twee­ma­li­ge SuidA­fri­kaan­se ma­ra­thon­kam­pi­oen, ge­sê.

Sy ver­wag die moei­lik­ste deel van die wed­loop sal waar­skyn­lik teen Field’s Hill bui­te Pi­ne­town wees.

Twee jaar ge­le­de moes sy nood­ge­dwon­ge net voor Field’s Hill die hand­doek in­gooi.

“Al­mal waar­sku my oor Field’s. Die laas­te 20 km van Co­wies Hill af sal gees­te­lik ook baie moei­lik wees,” het Bos­man ge­sê.

Bos­man was ook al ’n naas­wen­ner in die Twee O­se­a­ne­wed­loop.

Dit bly een van haar groot dro­me om die Com­ra­des te wen.

“My plan is om my­self te spaar teen van die op­draan­des. Daar tus­sen Drum­mond en Bo­tha’s Hill sal ek te­rug­sak van 4:30 per ki­lo­me­ter na 4:45 of selfs 5 mi­nu­te per ki­lo­me­ter as dit moet. Ek weet ek sal hier­na tyd kan te­rug­wen,” het sy by­ge­voeg.

“Dit het goed ge­gaan met my voor­be­rei­ding en ek het hard ge­werk. Nou wil ek net die wed­loop hard­loop.”

Sy ver­trek Don­der­dag Dur­ban toe.

Fo­to: IAN CARBUTT

Charné Bos­man mik na die eer­ste plek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.